“Die vliegtuig het in vlamme uitgebars nadat dit die grond getref het,” sê Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911. “Presiese besonderhede en die oorsaak van die ongeluk en voorafgaande gebeure sal die onderwerp wees van ʼn ondersoek deur die Burgerlugvaartowerheid.” Volgens ER24 het die vliegtuig in ʼn suikerrietplantasie neergestort.
In Februarie is minstens vyf mense in vliegtuigongelukke dood. Een persoon is dood nadat ʼn ligte vliegtuig in Orient Hills, Magaliesburg neergestort het. ‘n Vlieënier is dood nadat sy ligte vliegtuig by die Heidelberg-vliegveld neergestort het. Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig by die Lanseria-lughawe neergestort het. Einde Januarie is ‘n vlieënier dood nadat sy ligte vliegtuig by die Wonderboom-lughawe neergestort het.