Drie sterf in vliegtuigongeluk

Lede van die reddingspan op pad na die wrak van die vliegtuig. Foto: Facebook via Leon Harrington

Lede van die reddingspan op pad na die wrak van die vliegtuig. Foto: Facebook via Leon Harrington

Drie mans is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Saterdag in ʼn krans tussen Ngodwana en Nelspruit vasgevlieg het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die inligting is tans nog min en die oorledenes se name is nog nie bekend nie. Die burgerlugvaartowerheid stel ondersoek in,” het Hlathi gesê.

Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, wat by die soektog na die wrak van die vliegtuig betrokke was, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het vermoedelik tussen 11:00 en 13:00 gebeur.

“Drie jong mans was in die Piper ligte vliegtuig wat glo by die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe opgestyg het op pad na Gauteng. Hulle het by die Clivia-pas in digte mis in ʼn krans vasgevlieg en al drie is dood,” het hy gesê.

“Die soektog het gister begin nadat boswerkers die vliegtuig gesien en die slag van die ongeluk gehoor het. Weens slegte weerstoestande kon ons egter nie gister by die wrak uitkom nie en ons het die liggame eers vanoggend gaan haal.” Gryvenstein kon ook nie onmiddellik die name van die oorledenes bevestig nie, maar het gesê al drie mans was 20 jaar oud.

Die drie oorledenes is egter op sosiale media as Brandon Pretorius, Jonathan Plotz en Clifton Maverick geïdentifiseer.

ʼn Boer en sakeman van Limpopo, Jaco Jansen van Rensburg, is vroeër vandeesweek dood nadat ʼn ligte vliegtuig in die Rooiberg-gebied buite Bela-Bela neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Dit is aaklig. Kyk na die omgewing! Ek weet wat dit is om in digte mis na ‘n opening in die mis te soek om landingsplek te vind. Daar kan gevra word waarom hoogte nie gehandhaaf is nie maar dit kan wees dat sigbaarheid hulle gedwing het om ‘n aanloopbaan of ander landingsplek te soek.

Doris ·

Ek het so n paar jaar gelede my kind in n Polisie helicopter ongeluk verloor en ek voel daar moet strenger op getree word teen vlieëniers voordat daar vlieglisensies uitgereik word,en dat n vlieënier gereeld moet gaan vir hulle toetse en dat hulle nie in mistige weer mag vlieg nie. Naasbestaandes ek voel baie jammer oor julle verliese.

Kobus 4e ·

Doris, ek verstaan nie hoekom daar teen vlieeniers opgteee moet word voor hul lisensies uitgereik word nie? Weet jy wat is die vereistes voordat n lisensie uitgereik word? Hulle moet jaarliks vir n toets gaan, medies gedoen word ens. Dit is hoekom vlieg nog steeds die veiligste manier van vervoer is. Gaan jy motoriste ook verbied om te ry in mis? As motor bestuurders dieselfde toetse ondergaan sal daar baie minder sterftes op paaie wees, al ry hulle in die mis.

Cherokee ·

Doris, die stellins wat jy maak is geensins in lyn met die werklikheid nie en so wys Kobus jou ook daarop. Soos Kobus vir jou sê, vlieëniers se lisensies word periodiek hernu en so ook die lugwaardigheidsertifikate van vliegtuie. Vliegongelukke is ‘n seldsaamheid terwyl daar menigvuldige karongelukke is maar jy waag dit gereeld in karre met ander karre wat met enkele meters spasie verby snel. Daar is geen veiliger manier van vervoer as vlieg.

Alrine ·

Doris ek dink nie jy het ‘n idee waarvan jy praat nie. Ek het my seun 4 1/2 jaar terug ook in ‘n vliegtuigongeluk verloor. Hy was die vlieenier en vluginstrukteur en maar 23 jaar oud. Hulle lisensies word jaarliks hernu so ook hul medies. Hulle moet minimum 40 vliegure he voor hul hul lisensie kan kry en minimum 300 voor hul ‘n kommersiele lisensie kan kry. Verder het hulle ‘n duisternis vakke wat hulle moet deurkom en die slaagsyfer is 70%. O en na 4 1/2 jaar is sy ongeluksverslag uiteindelik deur CAA vrygestel, geen blaam op die vlieenier (my seun nie)

Piet Pompies ·

Tragiese ongeluk, jong mense wat oorlede is. Ek haal my hoed af vir die reddingspanne en selfs die manne van Forestry wat die uitkyk punte beman. Sonder hierdie toring manne sou die ongeluk nie aangemeld gewees het nie en die reddingspanne wat onder slegte toestande die natuur trotseer om vreemdelinge te help.

Jay ·

Ek verstaan Doris se concern heeltemal. Ek dink egter nie dit het nie net te doen met die opleiding van vlieeniers nie, maar ook met die instandhouding van die vliegtuie. BAIE ongelukke word veroorsaak deur vliegtuie wat nie ordentlik in stand gehou word nie, niemand wil dit hoor nie, maar SOMMIGE privaat eienaars is te suinig om die parte betyds te vervang, of met kwaliteit parte te vervang, soms werk al die instrumente nie, en jong manne moet hulle pad deur die rook en mis oopveg. Dis die realiteite en die bevinding vele kere al gewees, maar dit word verswyg, veral as mense met hulle lewens daarvoor moes boet. Sterkte aan die families van die manne wat omgekom het in die ongeluk.

Cherokee ·

Jy vertel dit nogal asof dit die waarheid kon wees maar dit is so ver van die waarheid as moontlik. Lees my verduideliking aan Doris waar ek dit duidelik stel dat ‘n vliegtuig se lugwaardigheidsertifikaat word periodiek hernu deur lugvaartkundiges by lughawens.

Jay ·

Niemand is so doof soos hy wat nie wil hoor en sy wat nie wil sien nie. Hoe langer julle julle oe toehou vir hierdie goed, hoe langer gaan mense onnodig sterf, maar julle werk mos met die ‘waarheid’ hier ne? Ou Cherokee en Lynette, julle wil so graag alles glo wat julle sien en hoor. Gaan lees maar die ondersoeke se bevindinge, net verlede jaar is daar bevind ‘n vliegtuig wat ‘n jong man gevlieg het en in ‘n berg vasgevlieg het se INSTRUMENTE het nie gewerk nie . maar kom ons vergeet dit en volgende keer wat iemand val dan soek julle tweetjies weer verskoning ok? Is jy ‘n vlieenier lynette . en jy cherokee? Nie so gedink nie. Dit waarvan julle praat is veronderstel om so te wees ja, maar steek maar die waarheid vir die mense weg, wie geen om ?

lynette ·

Jay nou praat jy nonsens. Na elke ongeluk is daar in diepte ondersoeke en die bevindinge word nooit weggesteek nie. Daar is baie streng vereistes waaraan voldoen moet word.

Pitbul ·

Die vlieënier was net 20 jaar oud. Heel waarskynlyk net ‘n PPL (Private Pilot License) gehad. Jy leer eers werklik op jou instrumente vlieg wanneer jy jou CPL (Commercial Pilot License) doen. Enige iemand wat al in mis gevlieg het sal vir jou kan vertel hoe maklik jy gedisoriënteerd raak wanneer jy in mis (veral vir die eerste keer) invlieg. Daardie arme kind het heel waarskynlik gedisoriënteerd en paniekbevange geraak, heeltemal van sy instrumente vergeet en nie besef hoe vinnig hy hoogte verloor, en baie vinnig totaal beheer oor die vliegtuig verloor het nie. Niemand is hier te veroordeel nie. Ek is bitter jammer vir al drie seuns se geliefdes wat agterbly. Vir die jong manne (en vroue) wat begin vlieg, as jy nie seker is nie, of jou ervaring min is, as daar nie iemand by jou is om jou touwys te maak nie, draai om, verander rigting, praat met jou ATC (Air Traffic Control) soek ‘n veilige plek om te land, gaan wag vir weersomstandighede om te verbeter voor jy verder vlieg, volg jou opleiding.

Janet ·

Ek het al baie gewonder oor berigte oor ongelukke met ligte vliegtuie wat tog maar gereeld in die nuus opduik. Ek het geen idee aan watter voorwaardes voldoen moet word om ‘n lugwaardigheidssertifikaat te ontvang nie. Daar sal sekerlik baie streng vereistes wees waaraan voldoen moet word maar hoe goed werk die kontrolesisteem wat moet seker maak die vereistes is op die korrekte manier toegepas?

charl ·

jammer aan die famielie en vriende.Ek wil net twee goed noem..naamliks grid mora en awops moet streng toegepas word voor elke vlug.

Zoom Zoom! ·

Dis tragies….en soo baie keer gebeur dit…as n ervare ATC en ppl vlienieer(met my eie vliegtuig) het ek die grootste respek vir die weer…as sig vlieg reels (VFR) oorskry word..sluk jou trots en draai om!!…moenie n uitweg soek nie!…veral met hoë terain nie…baie keer is die “moet” sindroom die skuldige party…in my loopbaan het ek al soo baie met vlieeniers te doen gekry wat kanse vat…dis nie die moeite werd nie!..moenie hero speel nie!..instrumentvlieg is n ander ballgame…vlieeniers word die minimum VFR vereistes geleer met hul opleiding…ongelukig verstaan Jan publiek bittermin van vlieg behalwe die chcken or beef gedeelte…meegevoel met die naasbestaandes…ek sit en hou juis die weer dop vir Xmas na Mosselbaai….

Arno ·

Het op fb gister ‘n video gesien waar ‘n Wesrandse vlieënier in die lug die beheer van sy ligte vliegtuig oorgee aan iemand wat nog nooit in sy lewe gevlieg het, terwyl hy ‘n video neem en daaroor spog dat sy hande nie die stok vashou nie – sy verweer is dat die ander ou ‘n “natural” is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.