Drie sterf in Vrystaat-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is dood en twee ander beseer nadat twee motors Vrydagaand op die R26 tussen Clocolan en Ficksburg gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net ná 18:00 na die toneel ontbied. Die wrakke van die voertuie het ʼn paar meter weg van mekaar af gestaan.

“Die bestuurder van ʼn sportnutsvoertuig, vermoedelik in sy 40’s, is op die toneel dood,” het Vermaak gesê. Die man was die enigste insittende in die voertuig. “ʼn Man en vrou in die ander motor, vermoedelik in hul laat 30’s, het met paramedici se aankoms op die toneel ook reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk.”

Foto: ER24

Foto: ER24

Volgens Vermaak het ʼn 19-jarige vrou en ʼn man in sy 20’s, wat ook in die motor was, matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal in Ficksburg geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wouter ·

Ai so onnodig. As ons net ons oë oopmaak en konsentreer en padreëls gehoorsaam sal meer as die helfte van die ongelukke voorkom word.

Tiger ·

Ongeduldigheid agter die stuur is die grootste oorsaak van ongelukke op ons paaie.Mens is te onverdraagsaam deesdae.Dis beter om maar die minste te wees en toe te gee vir padvarke en te bly leef daarna as om braaf te wees en te verongeluk.Die’ ongeluk lyk asof dit by ‘n T-aansluiting kon plaasgevind het aangesien die voertuig wrakke daarop dui.Maar fotos is verwarrend.Ons meegevoel aan die naasbestaandes van al die oorledenes en sterkte aan die beseerdes.

Wat-ek-lees ·

Wouter en Tiger, julle is in die kol betreffende padongelukke.
Ek waag dit om te sê dat 95% die oorsaak is van die bestuurder se nalatigheid. ONGEDULD is die oorsaak van baie ongelukke en natuurlik ook dronkbestuur.
Die ander 5% kan buite sy beheer wees soos diere wat voor hom oor die pad wil hardloop en slaggate. Eintlik is die padreëls heel eenvoudig maar daar is ‘n koolkop agter ‘n stuurwiel wat nie daar hoort.

Marianne ·

Waar het hulle hul lisensies gekoop?
Spoed is die oorsaak van talle ongelukke.
Wees liewer te vroeg erens of Kom laat aan…. Voordat jy glad nie opdaag nie.
Dis baie hartseer – sterkte aan ALMAL se naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.