Drie sterf in Vrystaat-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense, onder wie ʼn kind, is dood en vyf beseer in ʼn botsing op die R30 tussen Virginia en Theunissen in die Vrystaat.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn man, ʼn vrou en ʼn kind is in die botsing dood. “Dit is in dié stadium nie duidelik of dit ʼn gesin was nie hoewel hulle in dieselfde motor gereis het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Mathe het twee motors omstreeks 17:00 Sondag reg van voor gebots. “Vyf mense het matige tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Hoekom sterf so baie mense in die Vrystaat weens motorongelukke is dit die toestande van die paaie,te min polisiëring??

Miemie ·

Koos ek ry daai pad gereeld, dis nie die toestand van die pad nie, dis hoe die mense bestuur….

Jan ·

Ek stem saam.
Een van die beter paaie. Roekelose bestuur is die probleem.

Carel ·

Op daardie selfde pad het ek menigkere gesien hoe bestuurders sperstrepe ignoreer en ander motors verbysteek. Veral die sogenaamde “vorige benadeeldes,” hulle verstaan duidelik nie die doel van ‘n sperstreep nie.

Karma ·

Nee, Carel, hulle reken hulle het al te veel met “sperstrepe” te doen gehad in die Apartheidsjare – jy weet, daardie soort ‘strepe’ wat gesê het: “Net vir Blankes alleenlik” – nou sien hulle dit seker as ‘hoekom mag daardie motor wat aankom, in die ander baan ry – dit is ‘n demokratiese SA; Apartheid is verby en ek gaan ook in daardie baan ry”. :-))

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.