Drie mans is dood en een kritiek beseer toe twee ligte voertuie op die R26 buite Reitz in die Vrystaat gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 08:00 by die toneel opgedaag en albei voertuie aan die kant van die pad aangetref.
“Albei voertuie is erg beskadig in die botsing,” het Meiring gesê.
Meiring het gesê drie mans is noodlottig beseer en het geen tekens van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Paramedici het ’n vierde kritiek beseerde man op die toneel behandel voor hy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.
Die een bestuurder het n sperstreek oorgesteek en die kop aan kop botsing veroorsaak.Baie hartseer die lewensverlies
Johnna; goeie aarde, was jy ‘n ooggetuie? Dit klink beslis so.
Horrible paaie daai, veral as die Boere bedrywig raak met ploeg en plant en tydens oestyd. Hulle moet noodgedwonge op die paaie wees en dan is daar baie ongeduldige , haastige motoriste. Het ‘n paar jaar gelede ‘n soortgelyke tragedie naby Senekal aanskou.
Een van die bestuurders moes iets DOM gedoen Het!!!
Ja sperstreek ek was en die ongelukkig het tussen Reitz en Tweeling plaasgevind.
En as ek dit reg het ry mens ook die hele wydte van die pad om slaggate te vermy. Dit was verlede Juliemaand so.
Nou toe die kosmandtjie van SA is besig om te plant. Bly uit die pad en ry stadiger. Mense wat lisensies “koop” eish
Die skuld moet voor die deur van die padwerke gele word. Die pad is haglik. Ek wonder of kan mens ooit strepe sien. Enigeen wat die pad huidiglik ken sal weet waarvan ek praat. N Kollega van my was so 3 weke terug ook in n lelike ongeluk, en was kritiek op dieselfde pad agv n slaggat. Dat hy leef is n wonder. Wanneer gaan die regering wakkerskrik!!!!!!