Drie mense is dood en minstens tien beseer in ʼn botsing Maandagmiddag in Bellville in die Wes-Kaap.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie nooddienste is omstreeks 17:00 na die toneel in Robert Sobukweweg ontbied.
“ʼn Minibustaxi en ʼn motor het vir ʼn onbekende rede gebots. Drie mense was reeds dood toe paramedici hulle ondersoek het,” het Vermaak gesê.
Volgens Vermaak is tien ander mense, onder wie ʼn 11-jarige seun, naby die taxi aangetref met beserings wat strek van matig tot ernstig.
“Soos wat verstaan word, is al die insittendes uit die taxi geslinger toe dit verskeie kere gerol het.”
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na omliggende hospitale geneem vir mediese gehandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
“Die oorsaak word ondersoek”
Hulle moenie te vêr soek nie, die oorsaak is redelik eenvoudig.
Jip, Janneman…kom kyk net hoe lyk die resiesbaan hier in Montague Gardens. Rooi robotte word nie eens in ag geneem nie, spoed is oor die 80km/h. Daar is nie eens stopstrate nie, enige plek is ‘n stopplek vir Taxi’s. Myciti buslaan word gebruik vir motors, taxi’s. Dit gaan lekker man, lekker!!!! Ek kies maar om by die padreëls te hou.