Die polisie en paramedici was Woensdag ure lank op ʼn toneel in Ormonde, Johannesburg, nadat verpakte glas op drie mans geval en hulle vergruis het.
“Die mans was besig om glaspanele van ʼn voertuig af te laai toe dit op hulle geval het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, aan Maroela Media gesê.
Sy sê die drie mans is op slag dood en ʼn vierde man is kritiek beseer.
“Die beseerde man is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”
Die polisie ondersoek die voorval.