Drie sterf ná kar glo op nat snelweg gly

Die motor se wrak. Foto: @poisonDean / Twitter

Die motor se wrak. Foto: @poisonDean / Twitter

Drie mense is Sondagaand in Kaapstad dood nadat hul motor die N2 verlaat en ʼn paal langs die snelweg getref het.

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks middernag naby die Macassar-afrit plaasgevind.

“Die pad was nat en die bestuurder van die voertuig het vermoedelik om ʼn effense draai beheer daaroor verloor,” het Rossouw gesê. “Die voertuig het ʼn paal langs die snelweg getref en die voertuig in twee geskeur. Al drie insittendes was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het en daar kon niks vir hulle gedoen word nie.”

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Brent ·

Wa dit nat of olie?
Vra maar net…want as daar nie klippe, glastukke, spykers of wat ookal daar le nie, is dit om motoriste te dood.

johnnie ·

As ek so na die wrak kyk vra ek myself af wat was hulle spoed om n kar in twee stukke te kry en ek vra myself af of was daar nie dalk ook drank by betrokke nie.

Peet Schabort ·

Mens moet dit maar kalm vat op ‘n nat pad. Nou se dae veral waar ‘n pad onder deur ‘n duik gaan is daar die moontlikheid van ‘n dam water op die ryvlak omdat die kante se afloop nie skoon gehou word. “n Gevaarlike tyd is ook met die eerste reën omdat daar die moontlikheid is van kolle op die pad met ‘n onsigbare lagie olie en vullis wat net wag vir daardie water om dan seepglad te word. Daardie hele motor van jou het ook padkontak met vier oppervlaktes so groot soos ‘n man se skoen. Daarom is ‘n minimum van 1mm loopvlakgroef alreeds ‘n nekbreker in reëntyd. Daardie soliede wit streep of breë voetoorgang streep is net so snotglad soos die ou tannie vir haar kleinseun gesê het.
Vra my want ek ken die gevoel van skaats op ‘n film water waar jou stuurwiel niks beteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.