Drie sterf ná trok e-tol-pilaar tref

Foto's: Verskaf

Foto’s: Verskaf

Drie mense is Donderdagoggend dood en een is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vragmotor ʼn pilaar van ʼn oorhoofse e-tolhek op die R21-snelweg in Kempton Park getref het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 02:30 plaasgevind. “Nooddienswerkers moes teen die vragmotor se wrak opklim om te bepaal hoeveel mense in die kajuit was,” het Steinmann gesê. “ʼn Man, vrou en babadogtertjie was reeds dood toe paramedici die slagoffers ondersoek het. ʼn Vierjarige meisie is in ʼn kritieke toestand aangetref.”

Die slagoffers se liggame was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word. Die meisie is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.IMG-20140925-WA0004

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

Wys net weer hoe sleg is e-tol vir SA! Veroorsaak selfs ongelukke…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.