Drie sterf ná trok glo verbysteek

'n Foto van die toneel. Foto: ER24

‘n Foto van die toneel. Foto: ER24

Drie mense is Vrydag dood en vier is beseer tydens ʼn botsing naby Fochville in Gauteng.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N12, sowat 18km van die dorp af plaasgevind.

“ʼn Vragmotor en twee motors was in die ongeluk betrokke,” het Rossouw gesê. “Volgens omstanders het die vragmotor glo ʼn ander voertuig verbygesteek en teen die twee motors in die aankomende verkeer gebots.”

Die drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag. “Die vier beseerde pasiënte is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tammy ·

Vragmotor bestuurders gee nie n flenter om vir mede pad gebruikers nie. Hulle weet al te goed dat jy nie n kans het teen hulle nie. Ons het onlangs n toer van 7000 km gedoen in Suid-Afrika en kan met eerlikheid se ek kan op minder as een hand se vingers tel hoeveel bedagsames ons op die pad gekry het. Nee, vat sy lisensie vir ewig weg….hy kan maar n ander werk gaan doen waar hy nie mense kan vermoor met n lorrie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.