Drie sterf op Gauteng-paaie

ʼn Vrou in haar 20’s is dood en ʼn jong meisie beseer toe ʼn motor en ʼn bus buite Fochville tromp op gebots het. Foto: ER24

ʼn Vrou in haar 20’s is dood en ʼn jong meisie beseer toe ʼn motor en ʼn bus buite Fochville tromp op gebots het. Foto: ER24

Drie mense is Saterdag in twee afsonderlike ongelukke in Gauteng dood.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê twee mense is dood en vyf beseer toe ʼn Toyota Avanza in die Bapsfontein-omgewing omgeslaan het. Die twee mense se liggame is buite die voertuig aangetref en hulle is op die toneel dood verklaar. Die vyf wat beseer is, is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

In die tweede ongeluk is ʼn vrou in haar 20’s of vroeë 30’s dood en ʼn jong meisie beseer toe ʼn motor en ʼn bus op die N12 buite Fochville trompop gebots het. “Die vrou se liggaam is in die motor aangetref en sy is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê. Die meisie het saam met die vrou in die motor gery en is ernstig beseer. Sy is op die toneel behandel voordat sy met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongelukke is nie bekend gemaak nie en word deur die polisie ondersoek.

ʼn Vrou in haar 20’s is dood en ʼn jong meisie beseer toe ʼn motor en ʼn bus buite Fochville tromp op gebots het. Foto: ER24

ʼn Vrou in haar 20’s is dood en ʼn jong meisie beseer toe ʼn motor en ʼn bus buite Fochville tromp op gebots het. Foto: ER24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

Daai Potch / JHB pad is een aaklige pad met die mees roekelose bestuurders. Ek vrees elke keer as my kinders kampus toe ry, maar wat kan mens doen, dis die enigste werklikke Afrikaanse karakter universiteit wat oor is. PS: Ek dra reeds by tot Akademia en sal aanhou al het ek nie kinders daar nie.

Andre ·

Ek bid vir die familie van die mense wat omgekom het en ook die beseerdes.

Edward ·

Hoe is dit moontlik vir die bus om skade links voor te hê? Nie standaard skadevergoeding trompop botsing nie.

Johan ·

Umm, maklik! Die motor het die bus links voor getref toe die bestuurder daarvan uitgeswaai het

Sus ·

Die ‘links-voor’ impak op die trok het my ook dadelik opgeval. Maar ongelukke gebeur omdat voertuie op plekke beland waar hulle nie veronderstel is om te wees nie!

Hendrik Markgraaff ·

Mense aanvaar dit moet die bus se skuld wees. Die feite is egter dat die bestuurder van die motor beheer oor haar voertuig verloor het nadat sy van die pad afgegaan het, twee paaltjies langs die pad getref en begin tol het. Indien die busbestuurder van die pad afgegaan het kon lewens verlies baie höer gewees as hy nie n gesoute en ervare bestuurder was nie. Ek kan die feite weergee aangesien my vrou wat op historiese toer was deel van die groep op die bus was.

Wat-ek-lees ·

Dankie Hendrik, daar word alle bespiegelinge en ‘geleerde’ kommentaar die nek ingeslaan.
Onthou dat wanneer dit gebeur dat jou voertuig se twee wiele van die teeroppervlakte gaan om nooit ooit die voertuig te wil terugpluk pad toe. Hou net doodeenvoudig kop en beweeg geleidelik terug na die teeroppervlakte. Daar is egter die instandhouding van paaie wat ‘n absolute nul is en die rand van die teer gewoonlik veel hoër is as die skouer/grond van die pad. Dis hier waar jou bestuursvermoë getoets word en jy slegs een kans het.
Weereens is K53 ‘n klug wat nie werklik jou leer aangaande bestuursvernuf. Na 56jaar (einde Junie en sonder ‘n ongeluk) behoort ek ‘n idee te hê waarvan ek praat.
Sterkte aan die betrokkenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.