Drie sterf op KwaZulu-Natalse paaie

Die ongelukstoneel op die N3 naby Howick. Foto: Netcare 911

Drie mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende motorongelukke in KwaZulu-Natal dood.

Netcare 911-paramedici is Sondagaand na ’n toneel op die N3 naby Howick ontbied waar twee voertuie in ’n botsing betrokke was. Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê twee insittendes van een van die voertuie is op die toneel dood verklaar. ʼn Man en ʼn jong kind in die ander voertuig het ernstige beserings opgedoen.

In nóg ’n voorval Maandagoggend is een persoon dood en drie ander beseer in ’n ongeluk in Durban se Reservoir Hills-woonbuurt.

Die ongelukstoneel in Reservoir Hills. Foto: Rescue Care

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care, sê paramedici het hulle net voor 07:00 na die toneel op Mount Batten-rylaan gehaas, waar twee voertuie naby die Engen-vulstasie gebots het. By hul aankoms het een van die insittendes, ongeveer 50 jaar oud, reeds aan sy beserings beswyk.

Drie passasiers in die tweede voertuig het geringe beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer, waarna hulle per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die oorsaak van albei ongelukke is tans nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

Dan word daar gehuil oor vuurwapenlisensies! VERBAN eerder voertuie wat die gevaarlikste wapens is.

wielie ·

Natal is seker waar die meeste onwettige lesensies verkry word want daar is baie noodlottige ongelukke

NEEE WAT ·

Natal lok ‘n groot klomp vakansiegangers – so dis nie noodwendig waar nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.