Drie sterf op Van Reenenspas

Van Reenenspas Foto: panoramio.com

Van Reenenspas Foto: panoramio.com

Drie mense, insluitend ʼn sesjarige seun, het Vrydagoggend op die Van Reenenspas dood in ʼn ongeluk.

“ʼn Tienjarige seun is in ʼn kritieke toestand na die Ladysmith-hospitaal geneem,” het Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, gesê.

Die gesin was op pad na Durban in ʼn Isuzu-bakkie toe die linkerwiel afgeval het. Die voertuig het ʼn vragmotor getref. “Die bestuurder van die bakkie het beheer verloor oor die voertuig,” het Mngomezulu bygevoeg. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Mngomezulu sê die stadige baan is vir verkeer gesluit terwyl owerhede die ongeluk ondersoek en die toneel skoonmaak. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Smit ·

Ek is BC (Before Computers) en verstaan nie, ek ontvang u Nuusbrief voorblad maar ek kry dit nie as geheel oop om die interessante hoofpunte verder te belees nie. Wat doen ek verkeerd of is dit omdat my ou rekenaartjie nog met parafien werk. Ek het Windows 7 darem op en Outlook express en Windows mail. Help as u dalk tyd het.
Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.