Drie sterf, talle dakloos ná Pta-plakkerskamp brand

Drie mense het omgekom in die brand wat Saterdag omstreeks middernag uitgebreek het. (Foto: City of Tshwane/Twitter)

Drie mense is dood, 25 beseer en tientalle ander is dakloos gelaat nadat ʼn brand omstreeks middernag Saterdag by die Plastic View- informele nedersetting in die ooste van Pretoria uitgebreek het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê verskeie hutte was met nooddienswerkers se aankoms op die toneel reeds aan die brand. Hulle het minstens vier ure lank gestoei om die vlamme in bedwang te bring.

“Drie liggame wat onherkenbaar verkool het, is ontdek,” sê Mabaso.

Altesame 25 pasiënte is na verskeie hospitale in die omgewing vir behandeling geneem.

Volgens die voorlopige ondersoek is minstens 100 hutte verwoes en 535 mense dakloos gelaat.

Inwoners van omliggende buurte in die gebied het intussen ingespring om die slagoffers van die brand te help.

Inwoners het dadelik ingespring om die slagoffers te help. (Foto: City of Tshwane/Twitter)

Die stad se rampbestuurbeamptes werk ook saam met gemeenskapsgroepe om noodlenigingspakkies, tydelike verblyf, matrasse, higiëneprodukte en etes te verskaf.

“Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Brandbestryders bly op die toneel om enige moontlike opvlamming te stuit,” sê Mabaso.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Vir die soveelste keer…brand en dan moet die “gemeenskap” regstaan? Soos die gemeenskap moet opruim en herbou en reg maak en orde akep ennhandhaaf! “Our People” sindroom.

Samuel ·

Die naam van die plek sê alles. Hulle verlies is ‘n jammerte, maar die gemeenskap moet altyd vir hulle sorg. Wie is die “gemeenskap”….?

Harley Davidson ·

Kom ek stel dit dan so ,die NG kerk moreletta park onderhou die plakkerskamp, hoekom bou of koop die kerk nie vir die mense ordentlike behuising nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.