Drie sterf toe bakkie koei tref

Die bakkie se wrak. Foto: Verskaf

Drie mense is dood en vier beseer toe twee bakkies Saterdagmiddag in Meyerton, Gauteng, gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die aansluiting van Weilbackweg en Bokkie Delportstraat plaasgevind.

“Na wat verneem word, het een van die bakkies ʼn koei getref waarna dit ʼn ander bakkie reg van voor getref het,” het Van Huyssteen gesê.

“Paramedici het teen 12:47 by die toneel opdaag het en een van die bakkies op sy dak in die pad aangetref. Die ander bakkie het aan die kant van die pad tot stilstand gekom.”

Volgens Van Huyssteen is twee mense se liggame in die wrak van die bakkie wat omgeslaan aangetref. ʼn Ander persoon se liggaam is ʼn paar meter van dié bakkie aangetref. Al drie mense is op die toneel dood verklaar.

“Een persoon het ernstige beserings en drie ander geringe beserings opgedoen.”

Die pasiënt met ernstige beserings is met ER24 se Oneplan-helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die koei is ook dood.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Lees ook: [Opvolg] Meyerton-gru-ongeluk: Karstoeltjie red babatjie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sjn ·

Baie jammer vir die tragedie . Volgens my was dit in n woonbuurt met laer spoedbeperkings. Is ek reg?

Alida ·

Wat is daar om te ondersoek? Almal is dood. Die eienaar van die koei moet dalk se hoekom die dier in die pad was.

Zanel ·

Ek my man en ons 4 maande oue baba was in die ander voertuig, wat regtig gebeur het is as volg, die drywer van die ander bakkie se bees waentjie het begin swing en toe veloor hy beheer oor sy bakkie waar hy in ons baan beland het, toe gebeur die ongeluk, 3 van sy beeste wat op die wa was is dood asgevolg van die botsing, die bees het nie die ongeluk veroorsaak nie, die ander 4 beeste wat oorleef het is die veld in. Jammer vir al die lewens wat veloor is..

Elma zimny ·

Dankie vir jou inligting, mensdom geneig om eie afleidings te maak wat dan gewoonlik verkeerd is

Wouter ·

Baie bly jy kan hier n boodskap tik Zanel. Baie sterkte vir jou en jou gesin ek bid dat julle vinnig sal herstel geestelik en liggaamlik.

PJC ·

Ek wonder hoeveel beeste was daar. Was die vrag binne die bakkie se toegelate sleepvermoeĕ.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.