Drie sterf toe bakkie rol

Argieffoto

Drie mense is dood en vyf ander beseer toe ʼn vragmotor en ʼn bakkie Woensdagmiddag by ʼn verkeerskruising in Bloemfontein gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net na 15:00 by die toneel op die kruising van Kerkstraat en George Lubbe-weg gearriveer. Daar het hulle die wrak van die bakkie in die middel van ʼn verkeerseiland aangetref, terwyl die vragmotor ongeveer 200 m verder tot stilstand gekom het.

“Die bakkie het erge skade opgedoen nadat dit verskeie kere gerol het,” het Meiring gesê. “Drie vroue het ʼn kort afstand weg van die bakkie af gelê. Al drie het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê vyf ander mense, insluitend ʼn 7-jarige seun, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is na verskillende hospitale geneem.

“Daar word vermoed dat die vragmotor teen die kant van die bakkie gebots het, wat veroorsaak het dat die bakkie rol en die mense agterop van die voertuig afgeslinger is,” het hy gesê. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

My mening ·

Ek sien op Google Earth dat dit ‘n verkeersligkruising is aan die buitewyke van Bloem. Verkeersligte se hoofdoel is om verkeer te reguleer en OOK om ongelukke te voorkom MITS die kleure van die lig GEHOORSAAM word. Duidelik het iemand hier nie daardie basiese doel van die lig nagekom soos wat hierdie siekte ook in verskeie dorpe en stede voor kom en toeneem. Ek het dit weer gister ook ondervind.

Frikkie ·

Jammer…dat die drie dames “teen geen vergoeding agter op n’ bakkie….” met hul lewens moes betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.