Drie sterf toe bakkie, trein bots

Jesse Isemonger (21), Tersia van der Merwe (22) en Sarah Niewoudt (24) (Foto: Geloftefees De Kuile, Facebook)

Drie mense is Sondag naby Lime Acres in die Noord-Kaap dood toe hul bakkie voor ʼn aankomende trein beland het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 12:00 by die Arriesfontein-treinoorgang, sowat 40 km buite Lime Acres, plaasgevind.

“Daar word beweer dat die bakkie die treinspoor wou oorsteek toe dit deur die aankomende trein getref is,” sê Kock.

Hy sê die bestuurder van die bakkie, Jesse Isemonger (21), en twee insittendes, Tersia van der Merwe (22) en Sarah Nieuwoudt (24), is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie ondersoek nog die voorval en enigiemand met meer inligting kan sers. Nicholas Dube by 079 878 3879 kontak.”

Op sosiale media het huldeblyke vir die drie slagoffers ingestroom.

Tersia se ma, Marlize van der Merwe, het op Facebook geskryf sy is hartgebroke nadat haar geliefde dogter van haar weggeskeur is.

“Here my God… Ek loof en prys U vir haar lewe… Ek dank U vir die groot voorreg om haar ma te kon wees, ʼn ongelooflike voorreg,” skryf Van der Merwe.

“Dierbare Sarah, so vinnig is jy weg. Ons in die Kalahari treur oor jou en is verslae. Jy was besonders, jou voetspore oral te sien. Jy het so ’n mooi lewe gelei,” skryf Marietjie Barnard oor Sarah se dood.

“Ons het nie woorde nie. Ons koester die mooi herinneringe wat Jesse agterlaat. Ja, Jesse het voluit gelewe… Ons gaan hom baie mis”, skryf Christo Pieterse oor Jesse.

Sarah Nieuwoudt (Foto: Sarah Nieuwoudt, Facebook)


Tersia van der Merwe (Foto: Tersia van der Merwe, Facebook)


Jesse Isemonger (Foto: Jesse Isemonger, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Genis ·

Dis baie tragies.. Sterkte aan die familie en vriende in die moeilikke tyd.. Mag die Here julle vertroosting gee in die tyd.

Niklaas ·

Dis nou baie hartseer en so onnodig. Prag meisies . Mens wonder hoe het so iets kon gebeur , want hul was seker vertroud met daardie trein oorgang.

Thelsa ·

Mense, in daardie omgewing sien jy ‘n trein 2 dae voor die tyd aankom. Hoe kon so-iets gebeur ?

VanAfrika ·

So jammer oor hul al drie, ek is deel van Joha verse blog, wil net vir Joha se my innigste simpatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.