Drie sterf toe gemeenskap reg in eie hande neem

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

Twee vermeende rowers en ʼn lid van die publiek is dood nadat ʼn woedende skare Donderdag reg in eie hande geneem het in ʼn informele nedersetting buite Pretoria.

Volgens die Gautengse polisie het lede van die Lethabong-gemeenskap drie mans, wat glo omstreeks 14:30 een van die winkels in die omgewing beroof het, aangeval.

Terwyl hulle probeer het om van die woedende groep inwoners te vlug, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgeruk en ʼn lid van die gemeenskap doodgeskiet.

Die inwoners kon daarin slaag om twee van die verdagtes te vang en met klippe dood te gooi. Intussen het ʼn ander groep die derde verdagte agternagesit. Hy is kort daarna deur lede van die gemeenskap vasgetrek terwyl hy probeer het om ʼn voertuig te kaap. Die inwoners het hom erg aangerand.

Volgens die polisie was twee van die verdagtes met hul aankoms op die toneel reeds dood, terwyl die derde verdagte ernstig beseer is. Hy is na ʼn hospitaal gehaas.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irene ·

Almal is gatvol vir die geweld en wetteloosheid in ons land. Ek glo nie om gereg in eie hande te neem en te moor is die beste en regte uitweg nie, maar iets gaan dringend gedoen moet word

Claudene ·

partykeer is dit nodig dat gemeenskap self intree. daar sal minder verkragtings.moord en inbrake wees

Sandra Moolman ·

Dis goed so want hulle kry tronkstraf en kom weer vry na n ruk om maar net weer te moor en te verkrag en te roof. So ek dink dis reg wat hulle gedoen het

Kiepie ·

Was dit ook “nice mob justice” toe die man met die dread locks (jammer ek kan nie nou onthou waar dit was) deur die klomp in die taxi doodgeslaan is omdat hulle vermoed het hy het ‘n voertuig gestaal? Julle roep vir mob justice en as ‘n onskuldige persoon sterf draai die mantel en word “hierdie barbare” uitgekruit vir wetteloosheid en en geen respek vir regte ens. Pleks ons teiken eerder die regsstelsel wat ons almal faal as om een fout met ‘n ander reg te stel.

JayJay ·

Ek stem saam met jou Kiepie. Die “mob justice” is juis die oorsprong van wetteloosheid. kyk maar hoe gou gaan stakings oor in bloedige geweld en saakbeskadiging. Ek weet ons almal kla dat die polisie en howe nie reg laat geskied nie maar hierdie groepe wat die reg in eie hande neem beslis ook nie.

Vra net .... ·

Hoekom is dit reg as die gemeenskap reg in eie hande neem maar as die Boere dit doen dan word hulle aangekla.

Kiepie ·

Nie een van die twee is reg nie, Vra net. Ons kan nie een kwaad deur ‘n ander regverdig nie. Ons moet eerder druk op die regering begin sit dat alle wette konsikwent toegepas sal word vir alle oortreders eerder as om te sê almal doen dit so ek mag dit ook doen. Maar die probleem is ons is almal deesdae ingestel op vergelding en nie op geregtigheid nie.

SkarreKind ·

Dit voel vir ons of “mob justice” dalk aanvaarbaar is, omdat daar chaos heers in ons land. Maar ek dink nie dis ‘n goeie ding nie, onskuldige mense raak dood en word beseer. Wat as dit een van julle se seun of neef of julle huishulp was wat valslik beskuldig word en dan vermoor word?

PMB ·

Ons land se mense is g@tvol vir die weteloosheid. Die gereedskap moet meer betrokke raak in die beheer van kriminele in hul areas.

Lewies ·

Almal voel en neem reg in eie hande , maar dit is n twee snydende swaard. Ek stem saam met Kiepie

Kiepie ·

Ek het ‘n vraag. Afgesien van die feit dat dit onwettig is, as mob justice of African Justice, noem dit wat jy wil, so ‘n effektiewe manier is om wetteloosheid te bekamp, waarom is diefstal, verkragtings, moord ens. soveel meer algemeen in townships waar hierdie tipe vergelding soveel meer algemeel is as by in meer gegoede areas?

zahn ·

Jis Kiepie, ek lees jul kommentaar, en sien albei kante van die munt. Om jou vraag te beantwoord, in gebiede waar die sogenaamde “mob justice” al lankal toegepas word, is die misdaad onder beheer. Natuurlik kry jy nuwe inkomelinge wat hul kans waarneem, maar die mob justice word in daardie gebiede konsekwent toegepas. Probleem is, dit werk net in die areas wat deur die spesifieke mob beheer word. Die potensiële krimineel weet hy gaan vasgevat word in daardie area, so hy bly weg daar, en gaan breek en moor elders. Meestal dan in die gegeoede areas, waar hy weet hy deur die landswette beskerm sal word, al is hy skuldig.

JC ·

Ek wonder maar net of die mense wat reg in hul eie hande geneem het vervolg gaan word, of is dit net op sekere groepe van toepassing?

Danie ·

Die mense wat die mob justice toegepas het sal nooit gearresteer word nie want polisie kan geen saak ordentlik ondersoek en die ouens klik ook nie op mekaar en verdwyn in die massas.

Santie ·

Nee, mob justice is nie reg nie. Baie mense het al onskuldig gesterf omdag ander hulle ge”frame” het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.