Drie sterf toe konstruksiemuur omval

Foto verskaf deur Rescue Care

Drie mans is Maandagmiddag in Isipingo Beach in KwaZulu-Natal dood toe ʼn konstruksiemuur op hulle omgeval het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die toneel in 1ste Laan ontbied. “Die Durbanse brand- en reddingsdiens was reeds op die toneel. Vier mans het op die konstruksieperseel gewerk toe die muur omgeval het. Drie mans, vermoedelik in hul 30’s, het noodlottige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die vierde man het kritieke beserings opgedoen. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Verdere besonderhede is nie in hierdie stadium bekend nie. Plaaslike owerhede is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dries du Toit ·

Dis sad. Hoop hulle families sal versorg word.Sterkte aan die naasbestaandes

Stella ·

Die mure wat so omval,en nog tydens n bouery,
Kan jy nou meer

IK ·

Sal ek ‘verdere besonderhede’ verskaf? Vir my is dit volgens die foto duidelik dat ‘n voor teen die muur gegrawe is. So?
Wéér ‘n onbesonne fout wat lewens kos, sterkte aan die betrokkenes.

PJC ·

Mense het geen benul van wat hulle doen nie nou is daar sommer drie gesinne sonder ń pa en broodwinner. As iemand anders hiervoor verantwoordelik is moet hy vas gevat word.

Ivan ·

Dis grotendeels daar aan toe te skryf dat die mense met die kennis en ondervinding by die huis werkloos sit en die onopgeleides die werk kry.

Elize C ·

Ivan, ek glo 1000’e mense (ek inkluis) voel presies soos jy. Hoeveel flaters moet nog begaan word, lewens verloor word, omdat daar ten alle koste van “voorheen benadeeldes” gebruik gemaak moet word vir tenders, voor hulle gaan besef dat die mense eers 100% opgelei moet word (nie met ‘n slaagsyfer van 30% vir ingenieurswese nie! – in praktyk beteken dit slegs 30% van die idees waarmee hy kom, gaan werk!). Om nie te praat van behoorlike toesighouding deurentyd deur ‘n produksiebestuurder wat self behoorlik opgelei is sodat hy kan toesien dat die regte prosedures en material gevolg word tydens konstruksie nie.

BlinkStephaans ·

Ek sal sê dis die regering se skuld… weens hul onvermoeë om misdaad te bekamp moet ons oral hoë mure bou om onsself net êrens te beveilig… lê dit voor hulle deur… selfde prinsiep as dat alles apartheid se skuld is.

Anspatat ·

Dis so tragies en onnodig,sterkte aan almal ?
Ek hoor egter NOU, nog niks,vani BLF nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.