Drie sterf toe man hulle raakry

Argieffoto ter illustrasie

Drie vroue is Saterdagoggend in Limpopo dood toe ʼn man met ʼn Nissan-bakkie in vyf vroue vasgery het.

“Die voorval het omstreeks 09:30 op die teerpad tussen Leokama en Matlala naby Seshego plaasgevind,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn 53-jarige man het met ʼn Nissan NP200-bakkie in die vyf vroue, tussen 24 en 46 jaar oud, vasgery. Drie vroue is op slag dood en twee is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem.”

Die vroue het glo vir vervoer gestaan en wag om ʼn politieke byeenkoms in Seshego by te woon toe die man hulle getref het.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ai ·

Sjoe, was dit aspris of het hy beheer verloor oor die bakkie?

Dis verskriklik. Mag die dames in vrede rus.

Bertus F ·

Of het hulle op ñ blinde draai of hoogte in die pad gestaan soos ons gereëld sien. Daardie is ñ 120 km/ h sone. Nie sltyd die drywer nie. Daar word te maklik vir die drywers skuld gegee, terwyl die voetgangers nie die padreëls nakom nie.

Scalla ·

Waar het die vroue gestaan en wag vir vervoer, langs die pad of in die teerpad? Hoe lees die drywer en oorledenes se verklarings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.