Drie sterf toe motor boom tref

Foto: ER24

Drie mense is dood en nog een beseer nadat ʼn motor Saterdagaand buite Hartbeesfontein in Noordwes teen ʼn boom gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:00 op die R507 sowat 20 km buite Hartbeesfontein gebeur. “Paramedici het met hul aankoms op die toneel twee vroue en ʼn man in die voertuig gevind waar dit teen die boom gestaan het. Daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is dood verklaar,” het Vermaak gesê.

ʼn Vierde pasiënt, die enigste oorlewende van die ongeluk, het matige beserings opgedoen. Hy is uit die voertuig gehaal en deur ʼn plaaslike ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.

“Die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die liggame van die drie oorledenes uit die voertuig te verwyder,” het Vermaak gesê. Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Newton ·

Isaac Newton se wette is reeds bekend vir sowat 330 jaar en is vandag nog geldig. Ons (taxis ingesluit) en selfs die ANC (onbewustelik?), sal hierdie wette moet respekteer of die gevolge dra. Ondersoek jou voertuig vir foute en jouself voor jy agter ‘n stuurwiel inklim en werk lig met die petrolpedaal. Nou is dit ook so dat K53 ‘n klug is betreffende bestuursvernuf. Laas Vrydag het ek ook op ‘n nat straat om ‘n draai gegly maar weens 57 jaar se ongeluksvrye vernuf maklik beheer behou en ek het skaars 20 km/h gery. Dit geld egter nie vir laas nag se Ford Danger wat nie sy draai kon kry hier by my. Sy skade was net ‘n wiel maar kon erger gewees het.
Onthou ook: “In die kar nog ‘n sopie, in die kerkhof nog ‘n hopie”.
Dis ook nie te sê dat ek voorgaande verbind aan hierdie ongeluk. Sterkte aan betrokkenes by hierdie nogeens hartseer gebeurtenis.

Ig ·

Die groot probleem naweke is dat die bome en lamppale in die nag gesuip raak en dan voor motors inloop.

Pieter van der Walt ·

Dit is waar bome en pale het snaakse neigings in due vroee oggend ure

boom ·

nuus – Huisgenoot het die selfde prenkie op dan het die boom op die kar geval want hy is onwortel of is dit net n uitbeeld van die ongeluk

CAROL ·

Het die boom voor die kar ingespring of was die drywer onder die invloed???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.