Drie sterf toe motor koedoe tref

Argieffoto (Foto: IanZA, Pixabay)

Drie persone is dood toe ʼn motor ʼn koedoe getref het op die N10 in die rigting van Cradock in die Oos-Kaap.

Kapt. Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 02:30 ongeveer 25 km buite Middelburg plaasgevind.

“Die bestuurder van die motor het beheer verloor oor die voertuig, uitgeswaai en ʼn aankomende vragmotor getref wat daarna oor die motor gery het.”

Twee van die vyf passasiers in die motor het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem.

“Die polisie is tans besig met verdere ondersoek om die identiteit van die passasiers te bevestig,” het sy bygevoeg.

Terwyl die polisiebeamptes op die ongelukstoneel besig was om die verkeer te reguleer, het ʼn taxi een van die beamptes getref toe dit ʼn ander taxi wou verbysteek. “Die 46-jarige polisiebeampte het ernstige kopbeserings opgedoen. Hy is na ʼn Bloemfontein-hospitaal geneem.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

Die skuldige taxi bestuurder kan ‘n skulderkenning boete gaan betaal en als is verby.’nVoertuig het van agteraf in ons voertuig vasgejaag en my vrou het ‘n breinbesering opgedoen en 8 ribbes gebreek asook haar linker bo arm en borsbeen gebreek.Die man ‘het ‘n skulderkenning by die plaaslike landdros kantoor gemaak en ‘n R500 boete betaal en als is oor en verby.Maar na meer as 4 jaar kan my vrou baie stadig en met hulp van my ,klein entjies loop.Sy kan nie self aan of uittrek nie en moet gebad word.Sy kan gladnie haar regterarm gebruik nie.Als vir ‘n R500 boete!

Nicolene ·

Jip dis ongelukkig hoe ons land se dinge werk. Ek het ‘n R200.00 boete gekry omdat ek 72 in ‘n 60 sone gery het. Hoe regverdig jy dit in vergelyking met iemand wat ‘n vrou se lewe vir ewig verander het? R500? dis absoluut verregaande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.