Drie sterf toe motor ná ongeluk begin brand

Foto: Netcare 911

Drie persone is in Germiston aan die Oos-Rand van Gauteng dood en ʼn ander ernstig beseer toe ʼn motor ʼn tenkwa getref en aan die brand geslaan het.

Paramedici is Saterdagaand omstreeks 22:40 na die toneel ontbied op die R554 Van Dykweg in Rondebult, Germiston, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Volgens berigte op die toneel het ʼn motor en ʼn tenkwa gebots en die motor het met impak aan die brand geslaan. Drie insittendes in die motor het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die betrokke owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vra net ·

Geluk by die ongeluk.
Brandstof lorie het ook uit gebrand nie.

Oopkop ·

Dis vreeslik hartseer dat drie mense hulle lewens op son grusame manier moes verloor. Hier nabh in Boksburg. Nie in Germiston soos berig word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.