Drie sterf toe motor omslaan

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Drie mense is dood en nog twee ernstig beseer toe ʼn Volkswagen Golf Dinsdagaand naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap omgeslaan het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 19:00 op die R102 gebeur. Die motor was van Humansdorp in die rigting van Jeffreysbaai op pad.

“ʼn Ooggetuie beweer hy het gesien hoe die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor, dit van die pad af ry en toe omslaan,” het Nkohli gesê.

Wilfred Sibagu (41), die man wat die motor bestuur het, en een van die passasiers is op die toneel dood. Drie ander passasiers, almal vroue, is na ʼn hospitaal op Humansdorp gehaas. Een van die vroue het egter in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Volgens Nkohli kan die name van die ander twee oorledenes nog nie bekendgemaak word nie aangesien al hul naasbestaandes nog van hul dood ingelig moet word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.