Drie sterf toe motor op N1 rol

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is dood toe ʼn motor Sondag op die N1 buite Bloemfontein verskeie kere gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk is vermoedelik veroorsaak deur ʼn band wat gebars het. Die motor met vyf insittendes het die pad verlaat en verskeie kere gerol.

“Paramedici van verskeie ambulansdienste het by die toneel opgedaag en die wrak van die motor ʼn paar meter van die pad gevind waar dit op sy dak gelê het. Die impak van die ongeluk op die voertuig was so erg dat die twee voorwiele van die motor heeltemal afgebreek het,” het Botha gesê.

Volgens Botha is twee mans en ʼn vrou dood aan veelvuldige beserings. ʼn Vierde insittende is ernstig beseer, terwyl die ander passasier wonderbaarlik ongedeerd is.

“Die beseerde pasiënt is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Volgens Arrive Alive is almal uitgeslinger uit die voertuig. Volgens die een oorlewende het hulle uitgeswaai vir ‘n ander (voertuig?) Hoe dan ook lyk dit vir my dat daar nie veiligheidsgordels gebruik is.
Al gaan koop jy net ‘n brood sit maar daardie gordel aan !!

Griki ·

Ek stem 100% saam, Peet. Ongelukkig is daar mense wat elke verskoning denkbaar sal uitdink om nié veiligheidsgordels te dra nie. Hoe moeilik kan dit nou wees? Hulle redenasies en teenstand maak nie vir my sin nie.

Adrie Hoffmann ·

Ons was gister seker so paar minute nadat die ongeluk gebeur het daar verby en was daar heelwat mense op die toneel. Wat verstommend vir ons was orals op die N1 was die Metro polisie sigbaar soms sommer 3 voertuie agtermekaar verstommend. Saam met dit het heelwat wrakke ons verbygesteek volgeprop met mense, niemand het hulle afgetrek nie! Taxis is op ons linkerkant verby op die geelstreep – 2 metro voertuie is verby ons toe dit gebeur. Niemand het iets daaraan gedoen nie. Feit is ons leef in n wettelose land. Die sogenaamde wetbeskermers is net so blind soos ons ‘een oog koning’.

Anoniem ·

Ons het ook gister op daardie pad gery; tussen 1 uur en 4 uur daar deur Darm nie die ongeluk gesien nie. Daardie is vir my die verskriklikste pad om op te ry, die hele N1 wat deur die vrystaat provinsie moet eintlik gemonitor word vir roekelose en gevaarlike verbysteek.ek vrees vir my lewe om daardie pad te ry daar is Heeltyd mense van agteraf wat verby vlieg in aankomende verkeer in om te probeer verbysteek dan moet hulle weer terug voeter reg waar hulle was of 2 karre vorentoe dan moet almal omtrent dood stop. Die anger gevaar vir dit nou weer is die persone wat kan sien ALMAL voor hom ry 80 agter n trok en kan nie verbysteek veilig nie wat dan probeer so na as moontlik aan jou kar ry want hy wil ook nou verby daar is niks wat mens kan doen nie, jy kan nie eers n 2 kar volgafstand hou nie, daar voeter heeltyd mense daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.