Drie mense is dood en nog twee ernstig beseer toe ʼn motor Vrydagaand teen ʼn boom langs Voortrekkerweg in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebots het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici en beamptes van die brandweer-en-reddingsdienste is net ná 21:00 na die toneel ontbied. “Hulle het daar die opgefrommelde wrak van die voertuig aangetref. By nadere ondersoek kon paramedici vasstel dat drie mense reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het,” het Vermaak gesê.
Die bestuurder en sy passasier het ernstige beserings opgedoen. ʼn Mediese helikopter is ontbied om een van hulle na ʼn hospitaal te neem. Die ander een is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.
Vermaak sê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Hy het wel gesê die voertuig het teen ʼn versperring gebots voordat dit die boom getref het. Plaaslike owerhede was op die toneel en sal verder ondersoek instel.
Seker Vrydagaand, nie Vrydagoggend nie.
Dagsê Jordaan
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groete
Mariné
nms Maroela Media
Tragies – het 3 matriek maats verloor in 1995 in Ontdekkers weg en ook teen ‘n boom vasgery. Al my medelye met die familie,
Hier wa verseker spoed betrokke en dalk ook drank.
Ja dis hartseer. Wonder hoeveel Jonnie Walker was betrokke
Verdomde bome
SjN, as daar nie mense dood is nie, het ek jou kommentaar skreeusnaaks gevind.
Sterkte aan die naasbestaandes.