Drie sterf toe motorfietse bots

(Argieffoto: ER24)

Twee mans en ʼn vrou is dood toe twee motorfietse Sondagoggend reg van voor in die Heidelberg-omgewing gebots het.

Werner Vermaak woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was omstreeks 11:30 op die toneel op die R42 tussen Midvaal en Heidelberg waar albei motorfietse ná die botsing in vlamme uitgebars het.

Die drie slagoffers was reeds dood.

Nóg ʼn persoon is op die toneel ondersoek, maar wou nie na ʼn hospitaal geneem word nie, het Vermaak gesê.

Die presiese omstandighede wat tot die botsing gelei het, moet nog ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

My hart krimp ineen as ek lees of hoor van motorfiets botsings. Motorfietsryers is weerloos en doen gewoonlik ernstige beserings op, al is hulle die onskuldige party. Ai, dis altyd so jammer as so iets gebeur.

JohanR ·

Nog nie baie van die gehoor dat twee motorfietse kop aan kop bots nie, en dit nog in die dag. Innige medelye aan die mense se naastes.

Onnie ·

Dit is inderdaad uiters vreemd dat 2 motorfietse kop-aan-kop bots, daarom voel iets vir my vreemd aan hierdie storie. Het iemand dalk “chicken” gespeel? Ek wonder ook oor die 4de persoon op die toneel, wat net geringe beserings opgedoen het – was daardie persoon ook ‘n passasier, of net ‘n bystander? Ek wag maar vir ‘n meer volledige berig met meer besonderhede, maar iets klink nie reg aan hierdie voorval nie. Sterkte aan die families.

Niklaas ·

Oorleef kanse is gering as dit ‘n motorfiets ongeluk is. Hierdie is vreemd en ongewoon, want dis 2 motorfietse wat betrokke was.

Liezl ·

Die paramedic het dit ook goed gedink om die grusame fotos op facebook te deel sonder om enige van die gru fotos toe te maak, daar vir die hele familie en vriende om te sien, Hy neem fotos en videos, Dink hys vir seker in die verkeerde beroep as dit is hoekom hy n paramedic is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.