Drie sterf toe Pakistani homself aan die brand steek

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in nadat ʼn man van Pakistan homself by ʼn winkel in Centani aan die brand gesteek en hy en twee ander persone gesterf het.

Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het laat Saterdagaand plaasgevind. “Die man, wat uitgeken is as Shakeel Ahmed, het petrol oor homself uitgegooi voor hy homself aan die brand gesteek het,” het hy gesê. “Luvuyu Funaphi (41) en Sange Tswawe (23) was saam met hom. Hulle het al drie verkool in die handelswinkel.”

Volgens Manatha was Ahmed die huurder van die winkel. Sy ouderdom is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tinus ·

Alles maak nie vir my sin?
Ek sal graag die storie wil volg om te sien wat kruip uit

Joann ·

Maroela asb.kan ons vandag se nuus kry. Ou nuus is al ou nuus.

Sune van Heerden ·

Dagsê Joann

Dankie vir jou navraag. Die polisie het die inligting ongelukkig eers Maandag bekend gemaak en ons het dadelik daaroor berig toe die inligting vrygestel is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karma ·

Ek kan nie verstaan hoekom die muslims altyd ander mense rondom hulleself ook moet uithaal as hulle hulself uithaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.