Drie sterf toe trein motor tref

Die opgefrommelde motor na ‘n trein hom Vrydag in Despatch getref het (Foto: Verskaf)

Drie mense is Vrydag dood toe ʼn trein ʼn motor in Despatch, Oos-Kaap, getref het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die polisie en nooddienste is om 08:44 na die spoorwegkruising op die Perseverance-pad in Despatch ontbied. Daar het hulle op die wrak van die wit Ford Icon-motor afgekom. Die motor was heeltemal opgefrommel.

Die insittendes van die motor, twee vroue en een man, is op die toneel dood verklaar.

“Besonderhede van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek ʼn saak van strafbare manslag,” sê Swart.

Die slagoffers se name sal bekend gemaak word sodra hul families van hul dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AndrewL ·

Mense is dood. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek . Mense is immers op ‘n onnatuurlike wyse dood.

Dit beteken nie die saak word teen die treindrywer ondersoek nie. Die artikel is 100% reg verwoord.

Daar moet bepaal word of iemand verantwoordelik gehou kan word vir die dood van die mense. Dit kan dalk die voertuigbestuurder wees, die stadsraad of verantwoordelike persoon as daar bv. nie verkeerstekens opgesit of instand gehou is nie ens.

Maggies ·

Strafbare manslag? Hoe stop ‘n treindrywer op spoed betyds wanneer ‘n voertuig in sy pad staan?
Dit was ‘n tragiese ongeluk, dis al. Momentum is ‘n aardige ding.

Phillip ·

n trein kan ook nie uitswaai nie dit beweeg regiut op n spoor . mits hy sy spoed oorskry die trein

SomeOne ·

is dit nie dieselfde oorgang waar ‘n taxi bestuurder die dood van (8 of 10) skoolkinders veroorsaak het nie ?

koos10 ·

Ek het nie geweet daar is nog treine wat ry nie, en ek bedoel dit ernstig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.