Drie sterf toe trok en motor bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mans is dood en twee mense is kritiek beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor reg van voor gebots het op die R617 in Bulwer, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die drie mans was in die motor se wrak vasgekeer en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Volgens Meiring het die vragmotor omgeslaan en is die twee insittendes deur omstanders uit die wrak getrek. Hy het gesê albei mans is kritiek beseer. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.