Drie sterf toe vier voertuie bots

Foto: Netcare 911

Drie mense is dood en vier ander beseer in ʼn botsing Sondagaand op die N8 tussen Bloemfontein en Petrusburg in die Vrystaat.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 19:30 na die toneel ontbied. Vier voertuie was by die ongeluk betrokke, maar die oorsaak van die botsing is nie bekend nie.

“Paramedici van verskillende nooddienste het sewe pasiënte, onder wie ʼn baba, op die toneel behandel. Die pasiënte se beserings het gewissel van gering tot ernstig,” het Dollman gesê.

Drie mense het op die toneel gesterf en brandbestryders moes meganiese toerusting gebruik om hul liggame uit die voertuigwrakke te verwyder.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Philip ·

Wette word verontagsaam. sperstrepe spoed en dan nog toestande van die paaie soos slaggate en sleg geverfde sperstrepe. (nie dat die sperstrepe sal help nie). onpadwaardige voertuie en bestuur sonder of met gekoopte bestuurslisensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.