Drie sterf toe vliegtuig neerstort

Die wrak van die vliegtuig. Foto: Verskaf

Die wrak van die vliegtuig. Foto: Verskaf

Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Saterdag tussen Carolina en Machadodorp (eNtokozweni) in Mpumalanga neergestort het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vliegtuig het vlam gevat nadat dit neergestort het en was onherkenbaar verbrand. “Twee van die oorledenes het erge brandwonde opgedoen, terwyl die derde oorledene gedeeltelike brandwonde opgedoen het,” het Hlathi gesê.

“In dié stadium is die inligting nog skraps aangesien die polisie nog besig is met ons ondersoek. Ons weet nog nie waar die vliegtuig opgestyg het of waarheen dit op pad was nie.”

Hy het gesê die identiteit van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra hul familie van die voorval ingelig is.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek. Die oorsaak van die ongeluk sal ook deur die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ken ·

Dis tragies, n aardig hoe Klein vliegtuie altyd so in n rits na mekaar neerstort.

julius ·

‘n Saak van strafbare manslag? Teen wie? Al drie is dan oorlede. Daar is geen saak nie. Hulle kan wel die oorsaak ondersoek deur burger lugvaart.

Oupa ·

Ek het dieselfde vraag: vermoed hulle dalk dat die vliegtuig se remme onklaar geraak het?

ekke.. ·

As student vlieenier, is dit baie hartseer om sulke nuus aan te hoor. Innige simpatie aan die naasbestaandes. Ek sal alles binne my vermoee doen om binne die perke van my en my vliegtuig te bly. 95% van alle ongelukke is vlieeniers verwant.

Doris ·

Ek wil net sê ek stem nog al saam met wat ekke se kommentaar is omrede ek as ma is in die selfde bootjie is wat ses jaar terug my kind verloor het met n vliegongeluk en ek wil sê die meerderheid vliegongelukke is vlieniers verwant, praat maar met kenners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.