Drie sterf toe voertuig by brug afstort

Drie mense is in die ongeluk naby Port Elizabeth dood.

Drie mense is dood in ʼn gru-ongeluk en nog twee is in ʼn bedenklike toestand ná ʼn ongeluk op die N2 naby Port Elizabeth Maandag.

Khuselwa Rantjie, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê die ongeluk het omstreeks 11:45 op die Blue Water Bay-brug op pad na Grahamstad gebeur. Die voertuig het omgeslaan en in die rivier beland.

Die voertuig, ʼn Toyota-dubbelkajuitbakkie met ʼn waentjie, het vyf insittendes gehad. Hulle was van Grahamstad in die rigting van Port Elizabeth onderweg.

Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor nadat die waentjie ʼn ander voertuig getref het.

Drie mense is op die toneel dood verklaar. Die ander twee mense is in ʼn ernstige toestand na die Livingstone-hospitaal geneem.

Die owerhede ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Daar was seker fout met die stuur meganisme, iets mos losgekom het!

Mike Brits ·

Jul doen baie goeie werk om ons as die publiek en lesers op hoogte te hou wat aangaan in die wereld. Ek is ma n pensioennaris en kan nie tydskrifte bekostig nie nou lees ek ma op social media. Baie danki.
Mike.

Leon ·

Seker soos gewoonlik is daar groot arrogansie want ek ry ‘n groot bakkie. Gee pad voor my. Vervolgens het hulle geen respek vir ander motoriste want sy bakkie is groot. Hy het seker soos gewoonlik gejaag en toe sommer voor die ander voertuig ingedraai en die voertuig met die sleepwa getref. Baie keer op die N1 in Pretoria en selfs in die stad met my gebeur waar jy moet rem aanslaan en uitswaai vir die mense met ‘n ego so groot soos die heelal.

Attie. ·

Die berig sou afgerond gewees het indien ek sou weet wat die oorledenis se name is. Ek aanvaar die sleepwa was swaarder gelaai aan die agterkant, dan is hy geneig om te swaai. As julle nie die mense se name het nie kon MM ook maar vir ons hul velkleur gee. Die berig is net eenvoudig gebrekkig soos hy daar staan. Of mag velkleur nie genoem word nie.

Nettie ·

@Attie, sou die mense se velkleur enigsins ‘n verskil gemaak het aan die tragedie wat plaasgevind het? Onthou, daardie mense het almal familie en vriende wat OOK hier lees. En ja, Leon, sommige mense wat in duur SUV’s/luukse dubbelkajuit bakkies ry, ry soms regtig asof die pad aan hulle en hulle alleen behoort, soos daai antie wat gisteraand op die N1 tussen Worcester en De Doorns REG VOOR MY INSWAAI met haar ghrênd “fo-by-fo” – verander van die linkerkantse baan na die regterkantse baan sonder rede, sonder om ‘n flikkerlig te gebruik en sonder om haar blindekol te kyk – was my reaksie nie so blitsig nie, het ek my kar gerol danksy haar! EEJIT!!!!!!!!!! soos die Iere sal sê.

Dorothy ·

Dit was blanke mense – ons het die fotos op ons whats app groep ontvang hier in Port Elizabeth – maar maak seker nie saak oor die kleur nie…dit bly ‘n tragedie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.