Drie sterf toe voertuig op N4 omslaan

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Drie mense is dood en nog vier beseer nadat ʼn taxi Woensdagaand op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga omgeslaan het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het aan Maroela Media gesê baie min inligting oor die ongeluk is tans beskikbaar.

“Ons kan in dié stadium bevestig dat die ongeluk omstreeks 21:45 gebeur het. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor toe hy ʼn dier in die pad probeer vermy het,” het Mabuza gesê. “Drie mense het gesterf, een is ernstig beseer en nog drie het geringe beserings opgedoen.”

Mabuza het gesê die voertuig was van Middelburg in die rigting van Mbombela (Nelspruit) op pad.

Vroeër vandeesweek is nege mense in ʼn soortgelyke ongeluk op die N1 in die Vrystaat dood toe die bestuurder van ʼn taxi beheer oor die voertuig verloor het terwyl hy ʼn ystervark in die pad probeer vermy het. Dié ongeluk het Maandag tussen die Gariepdam en die Oranjerivierbrug gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Dis ‘n TRAC tolpadmonopolie teen 60c/km (Pta-Nelspruit) en behoort nie diere of voetgangers te hé nie. Maar TRAC doen niks

Dubbel belas op paaie ·

Paaie is veronderstel om met belastinggeld gebou en onderhou te word. Tolpaaie is n vorm van dubbelbetaal, en die kostes word deur almal betaal, insluitend die armes, veral in die geval van die N4 wat die enigste slagaar na die laeveld en groot dele van Mpumalanga is. Dit is geldmaakskema vir korrupte politici en supper ryk mense wat ons vryheid van beweging dubbel wil belas.

Iché ·

Was daar werklik ‘n dier in die pad?
Of was die bestuurder dalk moeg
Of het hy te vinnig gery?

honourable member ·

Nee wat ek dink spoed was die probleem hier. Hierdie mense het oor die algemeen geen liefde vir diere nie so hoekom sal hy nou kamstig uitswaai vir n dier, Moeilik om hierdie rede te glo.

Dier kaart ·

Het ‘n taxi vroeer die week wat ongeluk by Gariep dam gemaak het nie ook die dierkaart gespeel nie? Ystervark as ek reg onthou.

Koos de Meyer. ·

Paaie is veronderstel om deur ons lisensie geld onderhou te word. As jy nie op ‘n tolpad ry nie, is daar nie regtig ordentlike alternatiewe paaie nie. Ek stem saam, hoeveel is nie in die afgelope tyd dood in taxi ongelukke. Hulle ken net een ding, trap die petrol want hy kry mos subsidies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.