Drie sterf toe voertuig rol

Argieffoto

Drie mense is dood en twee beseer toe die sportnutsvoertuig waarin hulle gery het Saterdag in KwaZulu-Natal verskeie kere gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op ʼn landelike pad in die Taylors Halt-omgewing buite Pietermaritzburg plaasgevind.

“Paramedici van verskeie nooddienste is na die toneel ontbied. Die voertuig het ’n hele ent onderkant die wal gelê, met vyf mense verspreid om die voertuig,” het Meiring gesê.

ʼn Vrou en twee mans was reeds dood toe paramedici hulle ondersoek het. “Twee mans het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en onderskeidelik na die Edendale-hospitaal en Mediclinic Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veteraanbestuurder ·

K53 maak nie voorsiening om op grondpaaie te bestuur. Jy leer maar self en soms op die harde manier. Sterkte aan die naasbestaandes wat sit met baie vrae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.