Drie sterf toe vragmotor huis tref

Die wipvragmotor wat in die motorhuis van 'n huis in St Johnlaan in Fresnaye, Kaapstad, vasgery het (29 September 2015) Foto: ER24

Die wipvragmotor wat in die motorhuis van ‘n huis in St Johnlaan in Fresnaye, Kaapstad, vasgery het (29 September 2015) Foto: ER24

Drie mans is dood nadat ʼn vragmotor Dinsdagmiddag ʼn huis in Fresnaye in Kaapstad getref het.

“Paramedici het kort na 15:00 by die toneel op die hoek van St Denis- en St Johnlaan aangekom,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Groot wipvragmotor het in die motorhuis van ʼn woning vasgery.”

Die drie persone in die kajuit was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Metro-reddingsdiens het spesiale reddingstoerusting gebruik om die vragmotor en liggame uit die wrak te verwyder,” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

susan ·

‘n Wipvragmotor? Moet dit nie liewer n wipbakvragmotor wees nie? Vra maar net. Nog nooit van eersgenoemde gehoor nie.

Elizabeth ·

Wipbakvragmotor is heeltemal korrek. In Engels is dit ‘n “tip truck”.

Elizabeth ·

:)Ek gaan myself nou korrigeer, my pos moet lees ‘wipvragmotor is heeltemal korrek’.

Hennie ·

Vergeet tog nou maar oor die regte naam van die voertuig. Feit is dat dit ‘n SWAAR vragmotor is wat teen ‘n steil helling koers verloor het. Wat soek dit in elk geval in daardie omgewing waaar die paaie so steil is?

Ronell Wilken ·

As swak beriggewing en spelling nie uitgewys word nie. ….. gaan daar nie moeite gedoen word om die kwaliteit van beriggewing te verbeter nie. Kry net iemand om berigte oor te lees…soos wat die norm was. En as ek spel foute nou gemaak het… korrigeer dit!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.