Drie sterf toe vragmotor op hulle val

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat drie mans Vrydag in ʼn fratsongeluk dood is toe ʼn vragmotor bo-op hulle omgeval het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 in die Tshilwavhusiku-gebied buite Thohoyandou gebeur.

“Die drie mans het glo sand uitgegrawe en op die vragmotor gelaai by ʼn plaaslike rivier bekend as die Sandrivier. Die vragmotor het glo omgeval en bo-op die mans te lande gekom. Hulle is op slag dood,” het Ngoepe gesê. Die mans was onderskeidelik 19, 21 en 25 jaar oud.

Ngoepe kon nie onmiddellik ʼn aanduiding gee wat veroorsaak het dat die vragmotor omgeval het en of dit op ongelyke grond geparkeer was nie. “Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van die ondersoek. In dié stadium kan ons nie daaroor bespiegel nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sputnik ·

Snaaks dat die Lt Kol nie kan sê wat dasr gebeur het nie. Dit is so duidelik soos daglig: Die vragmotor moes skuins gestaan het en soos wat die sand opgelaai is het die swaartepunt van die vrag/vragmotor verskuif en het dit die punt bereik waar dit omgekantel het. Ons moet onthou van swaargekrag op die aardbol. Eenvoudig, baie eenvoudig Kolonel! Verslag afgesluit. Betaal R500 000 in my bankrekening in as konsultasiefooi. Dankie.

Sputnik ·

Skerp, Martien. Dit was tot ‘n mate die idee, behalwe dat ek dan seker R5 miljoen vir my diens sou kon eis.

KarooKlong ·

Lt.kol., bespiegeling bring ook die waarheid uit.

Sputnik, jou bespiegeling klink min of meer dieselfde as wat ek bespiegel het terwyl ek die berig gelees het. Jy moet net jou konsultasiefooi heroorweeg want ek bespiegel dat jy nie al jou uitgawes sal kan dek nie.

Buitestander ·

Sekere “mense” sal nooit vir hulleself dink nie!
HULLE ia net daarop uit om msksmun skade aan te rig,
Hierdie keer het hulle dit reg kon kry.

Thea Gerber ·

Die wraak van die natuur. Daar is geen toepassing van enige wette nie. Al ons riviere se sand word ongereguleerd uitgegrawe en weggery. Van die riviere se loop is al verander met die honderde vragte sand wat al weggery is.

Sê-maar-net ·

Mense mense mense…….daar is lewensverliese en dan word daar grappies oor gemaak! Agge nee, dis swak maak, man! Dis iemand se naasbestaandes wat omgekom het. Have a heart!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.