Drie sterf tydens gyselaarsdrama

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Drie mense is dood nadat ʼn gyselaarsdrama hom Donderdagoggend in Lentegeur in Mitchells Plain in die Wes-Kaap afgespeel het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie is omstreeks 09:10 na ʼn gyselaarssituasie in Begoniastraat ontbied.

Volgens berigte het ʼn polisiebeampte verbonde aan die Lentegeur-polisie sy vriendin en haar ma gyselaar gehou. Onderhandelaars en nooddienste is ook glo na die toneel ontbied.

Die drama het tot ʼn einde gekom toe die polisiebeampte na bewering albei vrouens doodgeskiet het voordat hy homself ook om die lewe gebring het.

Rwexana wou in dié stadium slegs bevestig dat twee vroue, onderskeidelik 27 en 54 jaar oud, doodgeskiet is. Sy het ook bevestig dat ʼn 41-jarige polisiebeampte vermoedelik homself doodgeskiet het.

Die motief vir die voorval is nie tans bekend nie. Rwexana het gesê die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Die klomp is nie eers bevoeg om wapens te hanteer nie nou is twee vroue onnodig dood oor die polisie inkompetend mense uitreik met wapens en ammunisie.

Yankee ·

Somalia is tans veel meer leefbaar as Suid-Afrika vir seker.

Jannie ·

Ja ou Sarel Swartgal waar staan dat die polisie beampte nie bevoeg is om ń wapen te hanteer nie.
Hou op om aannames te maak en kyk of jy nie d.m.v. positiewe denke die lewe vir jouself kan makliker maak nie.

Spook ·

Stem Jannie, maar ek voel polisie het meer ondersteuning nodig, finansieel, emotioneel en wat nog meer… Die staat moet regtig lyk daarna

HPV ·

Sielkundig onstabiel, maar mag ‘n vuurwapen besit. Ek moes getuigskrifte van bure indien om my vuurwapen lisensies te hernu. Siek stelsel.

Dan is ek maar SUUR ·

Jannie ek stem 100% saam Sarel, dit gaan lankal nie meer oor opleiding of bevoegtheid nie.
Dit gaan net oor kleeur, einde van die storie.
En hoooooeee kan mens positief wees met die nuus grond ward gavat sonder vergoeding, belasting, plaas moorde en en en!
O miskien bly jy nie in SA nie.

Hannatjie ·

Met alles wat die polisie beleef en al die aaklige moorde wat hulle moet ondersoek dink ek hulle leef erg onder stress. Eintlik behoort elke polisieman / vrou gereeld vir traumabehandeling te gaan. Dit sal die lewe vir hulle sowel as vir hulle gesinne baie makliker maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.