Drie persone is dood en twee ernstig beseer ná ʼn skietery by Wanderers-taxistaanplek in Joubert Park in sentraal Johannesburg.
Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is warm op die verdagte se spoor. “Ons ondersoek drie sake van moord en twee van poging tot moord. Volens die inligting wat ons ontvang het, het ʼn onbekende man Donderdagaand lukraak by die Wanderers-taxistaanplek begin skiet. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie.”
Hy het gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Hulle stel verder ondersoek in.
Paramedici het net voor 22:00 op die oproep reageer. “Drie mans, wat geringe tot matige beserings opgedoen het, is op die toneel behandel,” het Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Drie mans is ongelukkig op die toneel dood verklaar.”
Alewig die taxis en niemand sien kans om hulle tot orde te roep nie.
Geen vrees vir die sogenaamde polisie nie anders sou hulle twee keer dink om in die stad op mekaar te skiet dit is net nog n bewys van die patetiese saps.
Ek stem saam jy sal nie hoor dat so iets in Botswana of Namibië gebeur nie want die mense respekteer die polisie en mekaar.
Ek dink die polisie sal beter wees as hulle kontrak security kry om die misdaad te beveg.
manne ek stem saam taxi drywer het geen respek vir niemand nie hulle is einlik net n klomp kriminele kyk op vanaand se nuus ( taxi oor die af grond) 15 mense dood dit moet op die owerhede se skouers rus want hulle doen nie genoeg om dit te voor kom
Die probleem is soos die geval met die busse so n paar jaar gelede die senior persone in die polisie en verkeer het aandele in die taxi besigheid in ruil vir gunste hoekom sal die wet dan streng toegepas word op die taxis.