Drie sterf tydens skietery op plaas

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Mpumalanga het vandeesweek gesê ʼn verdagte wat vermoedelik betrokke was by ʼn skietery oor beweerde veediefstal, wat die lewe van drie mense geëis het, is nie in hegtenis geneem nie.

Twee mede-beeseienaars en ʼn vermeende veiligheidswag is Donderdagaand naby Witbank (Emalahleni) doodgeskiet toe die beeseienaars na hul gesteelde beeste gaan soek en die diere glo in ʼn ander persoon se kraal aangetref het.

Volgens sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het die voorval omstreeks 20:00 in Duvha Park plaasgevind.

“Volgens voorlopige inligting het die twee mede-eienaars na die beeste gaan soek en elf van die beeste na bewering in ʼn kraal in Duvha Park opgespoor. Daar het ʼn skietgeveg tussen die twee eienaars en twee beweerde veiligheidswagte op die plaas ontstaan en die twee eienaars is doodgeskiet. Een van die vermeende wagte het ook later in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Sedibe gesê.

Die polisie ondersoek drie sake van moord en een van poging tot moord.

Sedibe het gesê sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier aan die provinsiale direkteur vir openbare vervolging oorhandig word wat sal besluit of die oorlewende veiligheidswag vervolg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

CR ·

Wie is die mense wat geskiet is? Kan seker nie blankes wees nie andersins was hul name al genoem en indien hulle geskiet het sou ons nou al geweet het en ook betogings teen hulle.

marous ·

Hierdie land laat Sirie soos ‘n kinderkrans partyjie lyk .

Nelis ·

@Marous, jou kennis strek duidelik nie ver nie. Ek’s bly jy dink dis n partytjie as chemisies middels gebruik word teen onskuldiges en kinders, ek’s bly jy dink dis n partytjie as jou kinders buite speel en die gebou ontplof/bom en rubble val hulle dood(indien hul nie in ontploffing dood is nie) Wat in SA gebeur is kinderspeletjies teenoor Sirie, dis net Saffas wat meer moan as enige ander staat/land.

Cherokee ·

marous, ek het jou nie verkeerd verstaan nie. Jou vergelyking, oordrewe soos dit is, is heel van pas as kommentaar by lokale nuus oor hoe koëls rondvlieg in hierdie splinternuwe stokou SA. Laat dit bloot verbyglip wanneer mense nie beeldspraak verstaan nie.

cs ·

Verstaan nie lekker nie, Duvhapark is ‘n uitbreiding in Witbank, sal like om te weet waar die beeskraal was of moet ek nie vra nie, in SA is enigiets moontlik

Leeu ·

Duvhapark het n redelike plot gemeenskap ook. Google Earth, dan sal jy dit maklik sien.

DUVA ·

Ja CS ek bly ongelukkig daar in die week en ek se vir jou jy moet dit met jou eie oe sien om te kan glo

Respect ·

Indien die sekuriteitswag binne sy pligte opgetree het, kan hy nie aangekla word nie, al is hy verantwoordelik vir een of albei eienaars en dat die ander wag deur een van die eienaars se vuurwapens geskiet is, dan sal die wag nie aangekla word nie.

Sam ·

Nou hoekom is die veiligheidswag as vermeende wag beskryf? Moet dit nie eerder vermeende aanvaller wees nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.