Drie ‘stropers’ in hof

Die Van Deventer-broers.

Die Van Deventer-broers.

Die broers Deon (48) en Nick van Deventer (51) het Maandag saam met Onwand Muchagowa (34) in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie het verskyn op aanklagte wat verband hou met renosterstropery. “Die saak is tot Maandag (16 Januarie) uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes bly in aanhouding.”

Die drie mans is Saterdag deur lede van die Limpopo-polisie se eenheid vir bedreigde spesies in die Makhado-gebied in hegtenis geneem nadat hulle na bewering probeer het om ʼn renosterhoring te verkoop.

Mojapelo het gesê die eenheid het inligting ontvang dat die horing verkoop gaan word. Die beamptes het die inligting opgevolg en die verdagte motor buite Louis Trichardt opgemerk.

Volgens Mojapelo het die verdagtes in die motor besef hulle word agtervolg en weggejaag. Hulle het ʼn voorwerp by die motorvenster uitgegooi.

Onwand Muchagowa saam met een van die Van Deventer-broers tydens hul inhegtenisname.

Onwand Muchagowa saam met een van die Van Deventer-broers tydens hul inhegtenisname.

“Een van die polisievoertuie het stilgehou en die voorwerp gaan haal, terwyl die ander polisievoertuig die verdagtes agternagesit het. Drie verdagtes is op die Vivo-pad buite Louis Trichardt in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Mojapelo het gesê die voorwerp wat uit die motor gegooi is, is ʼn renosterhoring. Die horing hou vermoedelik verband met ʼn stropingsvoorval in die Witpoort-gebied vroeër vandeesweek toe ʼn renosterkoei en haar kalf geskiet en onthoring is. Forensiese toetse sal gedoen word om die oorsprong van die horing te bevestig

Mojapelo gesê die polisie stel ondersoek in om te bepaal of die drie met nog stropingsvoorvalle verbind kan word. Die polisie het ook op die verdagtes se voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

SNEL ·

Sê ek ook Johanna…skoon geskok, sou nou dink hulle gee om vir die diere en hul land, maar nou daal hulle so laag.

Jane ·

Ai mense gee julle dan niks om vir die omgewing en natuurlike fauna nie? Julle besef tog die erns van renosterstropery, en hoe almal hulleself daarvoor beywer om dit te bekamp en sowaar sien ons SA burgers wat veronderstel is om vir hulle natuurlike dierelewe om te gee se gesigte as stropers. Julle is nie meer kinders nie, en julle sien hoe wreed die diere daagliks vermoor word en hoe hulle ly en STEEDS wou julle deel daarvan wees? EK het geen simpatie met julle nie, julle het van beter geweet, ek hoop hulle sluit julle toe en gooi die sleutels weg. Julle verdien nie om vry rond te loop om weer dieselfde dade te pleeg nie, want julle het ondanks al die pogings om dit te stop, steeds daarby betrokke geraak.

Chris Crous ·

Dat mense, wat behoort te weet, dat soveel gedoen word om stropery soos dit, te stop, maar te gierig is om geld te maak; dan moet hulle boet – en swaar boet !

jan ·

Wanneer sien ons die 3e een se gesig? Of geniet hy privaatheid?

Lise ·

@jan, vra ek ook. Die Van Deventer-broers se gesigte word van naby gewys, maar Onwand Muchagowa kyk af op die foto. Hy geniet definitief privaatheid.

Natasha ·

Beslis geniet hy privaatheid. Almal daar is ewe skuldig en moet “gename en geshame ” word.

Kobus ·

Dis om van naar te word…ons as mense wat omgee vir ons Renosters veg n stryd om hul vir die nageslag te bewaar…geld word ingesamel,skenking kom van oorsee…baie werk word gedoen om Internasionaal vir bewusmaking veldtogte…..MAAR JUL 3 EN NOG MENIGE SAL ALLES VERNIETIG…VIR NET GELD…hoe dom en selfsugtig kan n mens wees….MAG DIE SWAARRSTE STRAF DENKBAAR VIR JUL OPGELE WORD….sies julle…!!!!

Anti poaching ·

Hoop die berig is reg want op ander sosiale media word berig dat dit n ene André en Deon van Deventer was wat gevang is en nou is dit Deon en Nick van Deventer. Hoop hulle vrot in die tronk want hulle was al voorheen gevang vir dieselfde oortreding.

Se ek ook mos ·

Sluit hulle toe gooi die sleutels weg en skiet hulle kos af met n kettie in die tronk!

Tiger ·

Simpatie met hulle het ek nie.Almal weet al teen die’ tyd dat renoster stropery taboe is.Nou het hulle groter probleme as voorheen En dit terwille van Mammon!

Rob ·

Ek wonder wat het met Groenewald geword, geniet hy nog sy rykdom.

Daan Erasmus ·

Dit is al etlike Jare dat Groenewald “gevang” is. En die saak vorder nie. Want daar is nie bewyse nie.

Alida ·

Sit in die tronk en geen borg vir hulle nie !!!!! Duidelik het hulle nie werk nie daarom stroop hulle dus kan hulle nie hul werk verloor agv tronkstraf nie. Vieslik.

Ivena ·

Just FYI – Deon van Deventer is in 2012 alreeds uitgelaat op parool nadat hy in die tronk was vir renoster stropery. Miskien kan iemand vir Mojapelo se dat hulle repeat offenders is. Google hulle.

Lance ·

Mense wat net mooi niks voel vir die natuur en die wat so papiere strooi en onwettig dump en sigaretstompies uitgooi is presies dieselfde … SKANDELIK !

Chris ·

Ek praat nie een van die persone se dade goed of enige iemand wat hul skuldig maak aan die onnodige doodmaak van diere nie. In die storie sien ek net die ore van die seekoei. Wat het die broers daartoe genoop om die dade te pleeg. Wat my egter meer agterdogtig maak is, iemand moet die mark hê vir die renosterhoring (Oosterlinge), maar deur wie is die mark gevestig en wie “beskerm” die stropers. Daar is altyd drie kante van ‘n saak. My kant jou kant en die waarheid. Ons sal seker nooit die waarheid hoor nie.

Woedend ·

Ek weet die waarheid wens ek kon praat maar te veel mense gaan seer kry
Werk het niemand dood gemaak maar hulle gaan nie kans vat nie

Alida ·

Hy was duidelik nie lank genoeg in die tronk nie. Want as ek reg lees doen hy nou weer dieselfde ding. Verafsku die mense.

Rina ·

Makliker om te steel as om te werk – skandalige gedrag! Wat ‘n voorbeeld vir hulle kinders – as jy vinnig ryk wil word steel!! En agterna se jy daar is nie werksgeleenthede nie – dis manier van werkskepping! Om van siek te word! En vir die Reg het hulle boonop geen respek of moet ek se maak ‘n grap daarvan! Ons land en sy mense het groot moeilikheid – leierskap???

Scalla ·

Hoop hul krap nou die netwerk nes oop, ek vermoed die een van zimbabwe, wat se foto nie gewys word nie, het al die nodige inligting, mag hul swaar gestraf word. Goed gedoen sapd

Kobus ·

Woedend…as ek jou mag raad gee….dan sal jy alles wat jy weet in n verklaring by Polisie gaan afle….DIS JOU PLIG…want as jy dit nie doen nie….versaak jy elke Renoster hier in ons land…hoop jy het n gewete en doen die regte ding….ASSEBLIEF!!!

Walla ·

Die horing is nie in hulle besit gevind nie…..saak so oop soos n sif

Kobus ·

Lees berig…hul weg gejaag toe hul agterkom dat hul deur Polisie agtervolg word…die horing is uit voertuig gegooi…een polisiemotor het gestop…dit opgetel terwyl ander hul afgetrek het….daar is oog getuies en al is ons Polisie se ondersoekwerk soms pateties…hierdie een gaan nie wegkom…vorige veroordeling…RENOSTERHORING…skielik weer in omgewing van n horing wat sommer so langs die pad le….

Veronica ·

Ek kan ni glo hulle vrouens en familie het ni geweet wat hulle doen ni. Ek wens een was my man dan sou ek hom ook gestroop het.

m ·

Sies vir julle. Ek hoop julle kry skaam. Julle geldgierigheid het julle gesink.

Koot ·

dis dan twee landbouers .

dan kla die landbou gemeenskap mos verniet as die stropers deel is van hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.