Drie studente aan Limpopo-universiteit vas

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Drie studente is Dinsdagaand by die Universiteit van Limpopo se Mankweng-kampus in hegtenis geneem, nadat betogers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.

Kgalema Mohuba, woordvoerder van die universiteit, het gesê ses studente is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld, maar drie van die studente is later vrygelaat.

“Die studente het Maandag teruggekeer van vakansie af en begin betoog nadat betogings reeds landswyd by ander universiteite voorgekom het.” Volgens Mohuba het ʼn groep betogende studente Dinsdagaand bymekaargekom en veiligheidspersoneel het hulle uiteen probeer jaag.

“Die studente het egter geweier om die kampus te verlaat en rubberkoeëls is gebruik om hulle uiteen te jaag.” Twee studente is beseer. Mohuba het gesê asblikke is omgekeer en klippe het orals gelê.

Klasse sou Woensdagoggend hervat. Volgens Mohuba was daar reeds vroegoggend studente op kampus en monitor veiligheidspersoneel en polisiebeamptes die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Irene ·

3 studente vas vas waarin hul word weer los gelaat hahshaaaaaaza

Meisie ·

En wat gaan daar van kom?n handdruk vir goeie werk en vry gelaat word.

Lance ·

Wow 3 is vas hehe …more weer op straat met vuurhoudtjirs en n klip in die hand …dis n joke !

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.