Drie studente vas vir TUT-moord

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

Drie studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) is in hegtenis geneem nadat ʼn medestudent Saterdagaand by Soshanguve-kampus, noord van Pretoria, met ʼn mes doodgesteek is.

Ao. Matthews Nkoadi, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die manstudente, tussen 21 en 22 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem. “Hulle word aangekla van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het Nkoadi gesê.

Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Soshanguve-landdroshof verskyn.

Daar is vroeër berig dat die slagoffer met ʼn mes doodgesteek is, en nog ʼn student is kritiek beseer tydens die voorval. Nkoadi het toe gesê dit wou voorkom of die student wat dood is, en die een wat beseer is, baklei en mekaar met messe gesteek het.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het die inhegtenisnemings bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.