Drie tienermeisies sterf op pad skool toe

Foto: Rescue Care

Drie tienermeisies is dood en ʼn vierde kritiek beseer nadat hulle Woensdagoggend naby die VN Naik Skool vir Dowes in Newlands-Oos in Durban deur ʼn taxi raakgery is.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, sê paramedici is omstreeks 07:15 na die toneel ontbied. “By hul aankoms het hulle ʼn slagting aangetref. Die vier tieners was op pad skool toe, toe hulle deur ʼn taxi getref is terwyl hulle die pad oorgesteek het,” sê Jamieson.

“Drie van die vier het veelvuldige noodlottige beserings opgedoen en daar was niks wat meer vir hulle gedoen kon word nie. Die vierde meisie het kritieke beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.”

Jamieson sê die pad is gesluit terwyl die polisie op die toneel besig was.

Maroela Media het by die provinsiale polisiewoordvoerder navraag gedoen oor die voorval en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Theresa ·

Ek wens iemand kan iets doen wat hierdie taxi’s aanbetref…………………

Johannes ·

Theresa, ek dink soms die algemene publiek moet eenvoudig begin opstaan en saamstaan teen taxi’s. Weier om hulle plek te gee wanneer hulle wil indruk, blokkeer die geel baan wanneer hulle daarin probeer ry, forseer hulle om om te draai wanneer hulle in aankomende verkeer inry. As almal saamstaan kan ons hulle eenvoudig begin dwing om verkeersreëls te begin gehoorsaam.

Nika ·

Die probleem is nie net die taxi’s nie, hoeveel ander mense ry oor stoppe, rooi ligte en pas nie pad reëls toe nie? As almal die wet begin onderhou sal mense nie so ry nie.

@Johannes ·

…en dan word jy eenvoudig geskiet!
Neewat, ek gee maar spasie vir die taxi. Hy sê dankie en ons al2 gaan ons merry way….
Hierdie geval is egter sleg. Hulle het hom vir seker nie hoor aankom nie. Taxis is onverskillig en roekeloos, maar wk gaan NIE my lewe waag net om 3min vroeër iewers te kom nie.

Tienie ·

Jy sal jou hande saamslaan as jy weet wat op die Hornsnek pad gebeur het Maandag middag.

Ja. Sekeres is kroonwild……

Verwonderd ·

Die taxis is dikwels onverskillig toegegee. Wat soek gestremdes op hulle eie op pad. Saak het 2 kante. Eerder onverskillige ouers.

honourable member ·

Hierdie taxis wil ry soos hulle wil en kom net nooit iets oor nie. Altyd aan die jaag soos mal goed om besigheid te kry

GingerB ·

Ek stem 100% saam Johannes. Gee maar eerder plek en ons albei gaan gelukkig aan.
‘N taxi gaan vir homself plek maak, glo my. Een van hulle het my splinternuwe kar van agter tot voor in sy maai in gery, omdat hy vir homself ‘n nuwe baan wou maak…. Hy het nie eers geblik of gebloos nie. Hy is daar weg sonder om terug te kyk.

Nee wat. Maak maar plek, anders maak hy vir homself plek – en hy gee nie om oor jou kar wat jy baie trots op is nie.

Swartbees ·

Dit is verskriklik, innige meegevoel aan die families. Ek wens rerig taxis wil verban word op enige pad. Ook wens ek dat die anc eerlik en bedagsaam genoeg sal wees om publieke vervoer op te skerp sodat die mense wat afhanglik van taxis is se veiligheid verseker kan word. Maar ja, dis wishfull thinking.

Zet ·

Klink of dit aspris gedoen is wil j v my se jy kan noe sien as 4 mense oor n pad loop nie?? Dit is plain moord! Hang die taxi drywer!

D B ·

Niks sal aan taxi’s gedoen word nie, want byna elke minister is ‘n “silent partner” in ‘n taxi-besigheid. Dis een van die redes hoekom publieke vervoer so vervalle is.

Trish ·

KINDERS IS IN SKOOL VIR DOWES – DALK OOR GEGAAN SONDER OM TE KYK, NIE ALTYD DIE DRYWER SE SKULD NIE

Dis waar Trish ·

Verstaan my mooi, Taxis is n pyn in die agterstewe, naar hierdie meisiekinders is NET kindera. Hylle kon net geloop het sonder om te kyk. Dalk besig op hul selfone… Wie weet? Storie is nie noodwendig altyd soos dit lyk nie.

Sies! ·

Dit is nie waar nie. dowes se sintuie is sterker as die horendes en KYK baie beter as die horendes. ons dowes is opgevoed om te hoor met ons oe.

Ja-Nee ·

In ander media berig hulle dat die Taxi-bestuurder ‘n rooi lig verontagsaam het.

Elsabé ·

Hierdie taxi drywer het na bewering volgens ooggetuies, ‘n rooi robot verontagsaam, en deur gery.

+ ·

Die waarheid is dat daar 12-15 ooggetuies in die texi sit. Al is jy reg is die insittendes te bang om iets te se. Hulle wat waag om iets te se word geblack list en texi’s laai hulle net nie weer op nie. As hulle onverskillig ry en daar word iets gese, word die klaers gedryg dat hulle afgelaai gaan word. Dit is ‘n baie, baie siek bedryf en hulle stook wetteloosheid in stede en dorpe.

Nettie ·

Al hoe die gemors van ‘n taxi-bedryf stopgesit kan word, is as die regering “own up” (nie dat hulle dit sal doen nie) en openbare vervoer weer gemaak word soos in “die ou dae” – die spoorweë en busdienste soos dit vóór 1994 was.

Maar dan sug ons almal na daardie “goeie ou dae” toe alles nog gewerk het soos wat dit moet werk ………..

Mes ·

Was onlangs in die laeveld. Sien eendag nege verkeersbeamptes by dieselfde kruising. Kan hulle duidelik sien van die restaurant waar ons sit. Hoor die doef doef gebulder wat harder word en sien vyf van die nege doen m tipe breakdance daar op die sypaadjie. Soos die taxi aangery kom word n koeldrankblik deur die venster uitgegooi. Hello? Almal staan en kyk. Nie!ans stop hulle nie. Dis ten minste twee oortredings net daar onder die oë van 9 beamptes gepleeg. Is dit dan verbasend dat hulle mense doodry? As jy wegkom !er klein oortredings, hoekom sal groot oortredings teen jou gehou word?

Ouma Beskuit ·

Wie sê dis die taxibestuurder se skuld? Die kinders kon skielik voor die taxi ingestap het.

Penellope Jones ·

Sleg om dit te lees!!
Drie jong lewens daarmee heen en ‘n vierde kritiek.
Wie het wie nie raakgesien nie – die taxi vir die voetgangers of andersom . . . .

Chris Ws ·

Kinders doen onvoorspelbare dinge op die ingewing van die oomblik.

Ja-Nee ·

Ander media het berig dat die taxi-bestuurder ‘n rooi lig verontagsaam het en na die voorval weg gehardloop het.

Chris Ws ·

Ja-Nee dis so pas op die tv nuus gewees.Nou WEET ek dis beslis die taxi drywer se skuld omdat hy oor ‘n rooi lig gejaag het.Dis tipies wat hulle doen.Ek hoop hy kry baie lank tronkstraf.Hy beter nie borg oorweeg nie want die gemeenskap sal seker maak dat hy sterf voor hy in die hof kan verskyn.

Annette ·

Wat ookal die omstandighede was, wat gebeur het is baie, baie tragies. Jammer vir al die betrokke families.

Danielle ·

Dit kon albei se skuld gewees het, Taxi’s jaag af op n mens en ry enige iets om sonder om twee keer te dink, maar dan ook weer hoeveel mense loop net reg voor n kar in, of sien die kar aankom maar loop in elk geval voor dit in. Wat gebeur het is baie hartseer, ons innige simpatie en mee gevoel met families.

Lindtjies ·

Die artikel sê wel dat die tiener meisies die pad oorgesteek het. Baie mense dink die voertuig is nog ver dan is hy nie regtig so ver nie. Tragedies kan voorkom word met voetoorganger brue.

D B ·

Vir almal wat dink “die taxi is onskuldig”, nou-net elders gelees die taxi het oor ‘n rooi lig gery. Surprise, surprise…

Ma ·

Die gemeenskap wat met taxi’s ry, en, ook as gevolg van jaagduiwels hul lewens verloor moet deur ons ondersteun word as hulle in opstand kom en die goed begin omgooi en mob justice is net daar toepas. Dan sal die onverantwoordelike bestuurders besef dat judge en jury in di taxi sit en baaaie bang wees. Kan aan niks anders dink wat sal werk nie.

jakes ·

Kon die polisie al vasstel hoeveel dosyn mense in die taxi was?

bolla ·

Oukei, News24 berig dat die taxi ‘n rooi verkeerslig ge”skip” het. Geen verrassing nie.

marietjie ·

My seun was oppad werk toe met sy fiets en n taxi het hom omgestamp net om n swart vrou op te laai hyt nie eers gestop nie en aanhou ry

Max ·

Ja nê, nie eens dit sal die bestuurder se denkwyse verander nie. Geen respek vir enigeen. Ek weet, was byna in kop aan kop toe mnr besluit om reg voor my, in MY baan te ry. Dankie dat daar nie ñ kar langs my was nie. Dit is soos ñ selfmoord poging om in jou motor te klim elke dag. Nou ry ek ñ ompad om weg te kom uit die malligheid. Sterkte vir die families vd kinders. Sy gewete, AS hy een het, lafaard wat weghardloop, sal hom ry tot die dood. Sy lewe is ook verby.

Martie ·

Ek vat nie die Taxi se part nie glo my ek weet hulle kan woes ry.Maar dit word tyd dat skoolkinders en selfs groot mense geleer word van padreels ook hulle loop en hardloop en loop net soos hulle wil oor besige paaie gister weer in die dorp dieselfde loop net oor ongeag van die verkeer.Karre kan nie op sypaadjies ry nie en partykeer kan n bestuurder se oe nie ooral wees nie dan word die bestuurder van die voertuig verantwoordelik gehou.Hulle is ook familie mense en het ook familie wat omgee wat met hulle gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.