Drie tienermeisies verdrink saam

Drie tienermeisies het Maandagmiddag verdrink.

Drie tienermeisies het Maandagmiddag verdrink.

Drie tienermeisies het Maandagmiddag verdrink toe hulle saam in ʼn dam in Mpumalanga gaan swem het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoeder, het gesê die meisies, onderskeidelik 13, 14 en 15 jaar oud, het omstreeks 14:00 saam met ʼn groep kinders in ʼn dam in Dludluma Trust in Tonga gaan swem.

“Volgens ʼn ooggetuie, wat saam met die groep was, het die meisies diep in die dam ingegaan, in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn,” het Hlathi gesê.

Die kinders het hulp van die gemeenskap ontbied. Gemeenskapslede kon daarin slaag om twee van die meisies se liggame te vind. Die derde meisie se liggaam is deur polisieduikers gevind en uit die water gehaal.

Die oorledenes se familie het hulle reeds uitgeken. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Dit is so Ieronies. Hoe kans die kinders gaan swem as hulle awlf nie eers kan swem nie. Hoeveel keer lees ons hier oor. Dieselfse ding gebeur oor en oor. Aai tog hkm leer hul ouers hulle nie om te swem nie. Dit is tragies.

Bertie ·

Manie, lyk my jy en Lanie was nie kinders nie! ons is nie almal in die situasie gewees om ons kinders vir swemlesse te neem nie en hierdie mense dalk ook nie. Dis nie nou die tyd om die ouers te wil vra waarom hulle nie hul kinders leer swem nie – ons het ook in ons dam baljaar toe ons kinders was en ja, ek is baie dankbaar dat ons niks oorgekom het nie. Bid eerder vir daardie ouers as om skuldgevoelens wakker te maak.

Anoniem ·

Dis nie altyd die ouers nie. Onthou ouers werk bedags selfs naweke en kinders maak mos vandag net wat hul wil. Want wil jy as ouer hul disiplineer dan kla hul jou mos aan. Vir die ouers kan ek net se, jammer oor jul verlies. God is met julle. Hy troos jul in die diep seer.

Landi Maree ·

As jy ni kan seem wat sork jy daar. Simpatie vir di ouers

Bertie ·

Landi Maree – was jy nie ‘n kind nie? ons het ook in ons dam gaan swem toe ons klein was – dit was pret!

ekke ·

Kinders doen stoute dinge. Ons het as kinders in sandgate gaan swem op plaas wat baie diep en vol water was………en glo my ons moes hardloop anders het ons die pakslae van ons lewe gekry. Vandag besef ons dit was baie onverantwoordelik. Sterkte aan die ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.