Drie tieners vas ná vrou tydens kaping sterf

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Twee tienerseuns en ʼn 15-jarige meisie is vasgetrek vir die moord op Magda van Vuuren (53) wat Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill, Port Elizabeth, geskiet is.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Van Vuuren het by haar ma se huis besoek afgelê en was op pad terug na haar motor toe die voorval gebeur het. “Volgens die inligting wat ons tans het, het ʼn jong tienerseun wat in die straat gestaan het haar met ʼn vuurwapen genader en ʼn skoot in die lug geskiet,” het Labans gesê.

“ʼn Rusie het tussen die twee ontstaan en nog twee skote is afgevuur. Van Vuuren is in die rug getref.” Volgens Labans het die seun in Van Vuuren se BMW-motor gespring en gevlug. Van Vuuren is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.

“Later daardie aand het konst. Severiano Blundin, wat in dié stadium van diens af was, die motor by ʼn Engen-vulstasie in Blouwaterbaai opgemerk en versterking ontbied,” het Labans gesê. ʼn 16-jarige seun en 15-jarige meisie wat in die motor was, is in hegtenis geneem.

“Die polisie het die twee ondervra en dit het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn derde verdagte, ook ʼn 15-jarige seun, later die aand. Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is om Van Vuuren te skiet, is in sy besit gevind,” het Labans gesê.

Die drie verdagtes sal Woensdag in die kinderhof verskyn op aanklagte van motorkaping en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

antjie ·

Rerig ons land se toekomstige leiers, drs ens….siek verby…

Kiepie ·

antjie, hierdie tipe mense sal nooit as leiers van enige iets anders as gangs ontwikkel nie. Hou in gedagte dat slegs die negatiewe en sensasionele in die media berig word (omdat dit is wat ons sensasionele samelewing opvreet). Doen bietjie moeite en jy sal sien dat daar wonderlike, talentvolle, gedrewe jongmense ook is wat baie meer uitgesort en beginselvas is as wat ek en jy op hulle ouderdom was. Ons land se toekoms is blik in hierdie sulkes se hande.

Elsabe ·

Ek stem 100% saam met Kiepie. Daar is pragtige talentvolle jongmense is wat baie vir die land kan beteken.

Paul ·

Kepi & Elsabe,
Ongelukkig is daardie pragtige talentvolle jongmense van onse mense en gaan nooit onder hiertoe bestel ‘n rol kan speel nie.

Berhalet ·

Maar sê wil hulle sê hê in skole… Dan gaan dit mos só!

Barno ·

Eks bevrees die dame se goed opepaste BMW E30 3 Reeks het tot die kaping gelei.

Dis ongelukkig ‘n voertuig wat hoog in aanvraag is in sekere kringe. As dit nog ‘n 6 silinder was, des te meer.

Baie hartseer.

Jean ·

Ai nee, goed opgepaste BMW of goed opgepaste Golf, maak nie saak nie, ‘n krimineel wat daarop uit is om ‘n motor te steel steel enigiets, veral ‘tieners’. Dit gaan baie nie eers oor die maak van ‘n kar nie, net wanneer sindikate betrokke is, dit is NIE die slagoffer se skuld omdat sy haar kar goed opgepas het of ‘n goeie motor ry nie.

Thea Gerber ·

Kinders! In die rug geskiet? Dit is blatante moord. Hulle gaan/kan ongelukkig nie vervolg word soos hulle moet/behoort te word nie. ‘n Paar jaar in ‘n spesiale skool en dan uit om weer moord te pleeg. Hulle kom redelik skotvry af die eerste keer. Niks kan egter hierdie vrou weer terugbring na haar geliefdes.

Tokkie ·

Natuurlik kan hulle vervolg word – daar moet net gewag word tot hulle ook 18 jaar oud is soos in Don Steenkamp se geval.

Adeline ·

Klaar besig om in geharde kriminele te ontaard. Hierdie arme vrou! Sluit hulle toe asb, hulle sal dit beslis weer doen.

apie ·

Vroeg vrot. Hulle moet lewenslank sit, of beter, van die aardbol vetwyder word!!

Wilmien ·

Liewe hemel !!!! Wat nog ??? Wanneer gaan hierdie sinnelose moorde ophou ??

Willie ·

Joh dis darem n skande om te sien wat tieners in n land doen? Waar is die dae wat kinders daai ouderdom fietsgery het… Dis platante bepalnde moord! Ek dink met al die bogsnuiters is meeste van die skole amper “Spesiale” skole…

Nonnie ·

Willie, moet asb nie veralgemeen nie, dis NIE alle tieners nie! Ek het 2 baie goed aangepaste tieners, met maats op wie ek net so trots is.

Annie ·

My innige sipatie aan Magda se famile – vattdaai 3 sluit hulle toe en gooi die sleutel weg – dis absoluut walglik wat hulle gedoen het – wat word van ons samelewing

platante bepalnde ·

Dit lyk so omdat die roede mos gespaar moet word.
Spreuke 23 sê:-
13. Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
14. Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

Donovan ·

kon dit nie beter stel nie… kinders word mos deesdae met sielkunde groot gemaak…

Danie ·

Julle praat voor julle dink. Pakslae, geweld, vloek, skreeu en haat is waarskynlik al wat die kinders ken. Dit is onbybels. Liefdevolle tugtiging, teregwysing en liefde soos die bybel voorskryf ken hulle beslis nie.

Christene ·

Danie, gaan lees asb Spreuke 23. Dit is onbybels om jou kind net met sielkunde te wil groot maak.

Theresa B ·

Kinders word nie meer opgevoed nie. Kinders het te veel te sê. Geen respek vir grootmense en geen dissipline meer in skole. Dan gaan dit so. Dis siek verby!!

Maria van Dieweeck ·

zuma se ‘ leierskap’. Kan die regering nie verantwoordelik gehou word vir hierdie dade wat net aanhou nie (grondwetlik)? Sterkte aan haar geliefdes.xo

broos ·

dis wat jy mos kry vandag…..mag nie slaan nie, mag nie raas nie, ons het ook regte (waarvan een is ons wil ons “natuurlike” hare dra soos ons wil) en die gehoorsame ouers sê net ja al die pad….en dan eindig jy op met kinders wat moord pleeg!

arizona ·

Hulle gaan nie eers die binneste van n trunk sel sien en hulle weet dit. Hulle kan moord pleeg soos groot mense en karre kaap soof groot mense maar will sit en snot en trane pik as hulle toe gesluit hoor. Hou die storie dop, hulle gaan voorkom en dan uitgelewer word onder toesig van hulle ouers omdat hulle kwansuis minderjarig is.

PAM ·

Kinderhof???? Hulle wil hulle met nonsens ophou, hulle moet gestraf word in ‘n gewone hof. My hel waar is die dae wat kinders nog gespeel het?

Donovan ·

Op 15 met n gesteelde vuurwapen rond loop… hierdie is geharde skollies… Jammer dat n vrou met haar lewe moes boet sodat die skollie sy wiele kon kry… in die tronk gaan hy seker soos n held hanteer word en nog harder gemaak word… Hoe bring n mens die evangelie by die mense uit… hoop maar dat 1 van die 3 tot inkeer kom…

van der Merwe ·

. . . en dan is hulle oor’n paar jaar almal parlementslede . . . :)

Mariaan ·

Mens kan nie help om te wonder wat deur hulle gedagtes gegaan het toe hulle die misdaad beplan het nie. Hulle het sekerlik gedink dis Suid-Afrika, dis maklik om met ‘n misdaad of moord weg te kom.

Louisa ·

Vroeg 1900, boer versoek dat klong pak kry omdat hy eiers gesteel het. Pa voldoen aan die versoek met die woorde; vandag kry jy pak, nie omdat jy die eiers gesteel het nie maar omdat jy uitgevang is. Nou stuit niks meer diegene wat so opgevoed word nie. Ons leef in n era van wetteloosheid en disrespek.

Scalla ·

Op die jeugdige ouderdom al klaar kriminele, mag hul swaar gestraf word vir hul dade

Yuna ·

Mense moet ophou redeneer dat ‘n pak slae of die spaar van die roede lei tot misdadigheid. ‘n Kind kan goed grootword en sleg oud word. My man het in ‘n baie streng, godvresende huis grootgeword en dit het niks aan die saak verander nie. Ek sal eerder sê dit het bygedra tot sy wreedheid en gevoelloosheid teenoor ander. ‘n Mens kan alles probeer, maar vir party mense val die “dice” ongelukkig verkeerd.

Amelia ·

ek wou amper se “as hul soos grootmense wil optree, laat hul soos grootmense gestraf word…”maar nie eers grootmense mag so optree nie…

E.K. (vra net) ·

Nie net het hulle die oorledene se helele familie in rou gedompel, nie maar ook hul eie ouers en gesinne wat nou moet ly onder hul onbesonnendheid. Verder het hul ook deur hul stupid daad hul eie lewens en toekoms verwoes. Was dit toe die moeite werd? Mag die toneel vir ewig in hul geheues vasgebrand word, mag hul sukkel om te slaap – glo my al sal party se hul het nie ‘n gewete of iets – what goes around, comes around – een of ander tyd – ek glo dit vas!

Pieter ·

Dankie tog ek verlaat die land vanaand gatvol vir geweld en moord .

Engela de Klerk ·

Sy pas haar voertuig op, is die enigste kind van ‘n nou bejaarde en stukkende vrou. Drie kinders verantwoordelik vir haar dood. Waar gaan die land heen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.