Drie tieners, volwassene in kar doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Drie tieners en ʼn volwassene is Dinsdagaand in Kaapstad in die motor waarin hulle gesit het, doodgeskiet.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Woensdag by navraag aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 21:00 in Browns Farm in Nyanga plaasgevind.

Traut het gesê die vier mense, onderskeidelik 28, 19, 13 en 12 jaar oud, het in ʼn Toyota Avanza gesit toe drie gewapende verdagtes die voertuig genader het en op hulle losgebrand het. Die aanvallers het daarna van die toneel gevlug.

“ʼn Vyfde slagoffer, ook ʼn kind, is tydens die aanval gewond en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Traut gesê.

Volgens Traut is die motief vir die aanval nog nie bekend nie en word dit deur die polisie ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Traut het ʼn beroep op die publiek gedoen om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel as hulle meer inligting het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annie ·

So mens is nerens maar nerens meer veilig in hierdie land nie. Dit is eintlik skrikwekkend en baie hartseer.

SJOH ·

Ek gaan liewer niks se oor die moorde nie want ons leef mos in ‘n land waar niemand hoef te vrees vir hulle lewens nie, nie wit of swart nie, nie boer of sakeman of tiener nie. Hier is geen misdaadprobleme nie, net die onregverdige verdeling van grond waarop almal fokus .. Niemand gee ‘n duit om oor hoeveel mense vermoor en vermink en gemartel word nie . so hoekom daaroor praat of na jou asem snak? Dit gebeur nou elke dag .. of dit in Nyanga of op ‘n plaas in die Vrystaat is .. SA bestaan NET uit WETSGEHOORSAME burgers.

Oom Kalahari ·

Mev Sisulu, wil net gou vra: Is dit hoe ‘n land met gehoorsame burgers is op planeet “Aarde”? Wys ons asb net een dag (01) waar daar geen geweld is nie en jy word ook ook ‘n Ikoon gedoop. Dit is diefstal, roof, aanvalle, verkragting, moord en so hou dit net aan, maar die buiteland worddie pragtige “Sneeuwitjie” sprokies verhaal as propoganda gevoer. As die Buitelandse hoe profiel mense aan SA besoek afle, dan word hul en hul gevolg na van die mooiste plekke in die stad geneem ( Sandton ens) en genoem hoe die blankes leef, maar dan na die swakste plakkerskampe/nedersettings en vertel hoe die swartes moet leef om Internasionale fondse te bekom. Wat ‘n propoganda miskenning van werklike waarhede en gegoede gebiede is deurspek met anderskleuriges en hoekom nie hierdie mense neem na al die blanke plakkerskampe wat in haglike omstandighede leef nie en van werke, taal, sosiale lewe, Godsdiens ens ontneem word. Hier is weer onskuldiges net vermoor.

Michael ·

Die motief is nog nie bekend nie.Wat soek hulle. Dit is mos die nuwe speletjie in die land. (MOORD) !!!!!!

Cherokee ·

Moet nie die regering se woord in twyfel trek wanneer hulle sê ‘misdaad is in beheer’.

Lana ·

Sisulu, kyk wat gaan in jou eie land aan, maar jy huil vanoggend oor 17 Palestyne wat in Gaza-strook dood is!!!
NIEMAND is veilig in SA nie. Ongeag ras en burgerskap.

Gerrit ·

Die probleem is die usesless polisie reg oor suid afrika is buurtwagte gestig om deur patrollies hulle buurte veilig te hou omrede die polisie onbevoeg is om dit te doen wil Mnr Traut nou he ons moet die ondersoek ook doen hoekom sal on jou en.jou klomp wat nie vertrou kan word nie wil help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.