Drie ‘transitorowers’ doodgeskiet

Paramedici en die polisie op die toneel. Foto: Netcare 911

Drie vermeende transitorowers is Vrydag in ʼn skietgeveg met die polisie in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het omstreeks 09:30 in Khamanziweg in Appelsbosch plaasgevind.

“ʼn Groep gewapende mans het in twee voertuie opgedaag en op ʼn geldwa toegeslaan in ʼn poging om dit beroof. Ongelukkig vir die boewe was polisiebeamptes in die omgewing as gevolg van ʼn proaktiewe intelligensie-gedrewe operasie,” het Gwala gesê. “Die polisie het dadelik ingegryp, waarna die verdagte op hulle losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en drie verdagtes noodlottig gewond. Een verdagte is gewond.”

Die verdagte wat gewond is, is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. ʼn Veiligheidsbeampte is tydens die voorval in die hand geskiet.

“Van die verdagtes kon daarin slaag om in een van die voertuie te ontsnap. Weens die polisie se vinnige ingryping, is geen geld gesteel nie.”

Die polisie het op drie pistole, ʼn geweer en ʼn voertuig beslag gelê.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, moet binnekort in die New Hanover-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot roof, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Dit lyk vir my Kwazulu natal het n beter polisie mag as die in Gauteng hulle resultate is net baie beter en hulle mors ook nie die howe se tyd met hierdie tipe misdadigers nie gelukkige Cherokee wat in daai provinsie bly.

Cherokee ·

Soos jy sê Leahim, dit is lekker om te sien die polisie doen waarvoor hulle betaal word. En die afleiding is dat daar nie veel geduld beoefen word met rowers nie.

Kobus ·

Ongelukkig vir die boewe was die polisie beamtes inni omgewing! Regtig? DWS verkeerde tyd en plek vir die gemors!

Renier ·

Nooit maar nooit sal die wat dood geskiet is weer roof nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.