Drie treinwaens binne dag in ligte laaie

Argieffoto van treinwaens in ligte laaie op die Kaapse stasie. Foto: Verskaf

“Dit lyk asof ʼn goed georganiseerde en duistere mag daarop uit is om ons brose maar lewensbelangrike treindiens te vernietig,” het Brett Herron, Kaapse burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Vrydagmiddag gesê nadat die soveelste treinwa aan die brand gesteek is.

Die treinwa het groot skade opgedoen tydens die brand kort ná 14:00 Vrydagmiddag. Die trein het langs perron 2 op die Kaapse stasie gestaan ten tyde van die voorval, die derde treinwa wat Vrydag aan die brand gesteek is.

“Ek is uiters bekommerd oor die voorval aangesien ons stedelike spoorstelsel reeds bedryf word teen ʼn fraksie van die kapasiteit wat nodig is om in pendelaars se behoeftes te voorsien,” sê Herron. “In die afgelope drie jaar het ons meer as 140 treinwaens verloor.”

Hy doen ʼn beroep op die polisiediens om die jongste brandstigting dringend te ondersoek. “Ons pendelaarspoordiens loop gedurig deur en dis die kwesbaarste inwoners wat die meeste onder die verswakkende diens ly. Dit het ʼn reuse-uitwerking op ons plaaslike ekonomie en benadeel ook ander Kapenaars.”

Die Kaapse stadsraad en provinsiale regering het onlangs ʼn toegewyde wetstoepassingseenheid vir die spoorweg op die been help bring, sê Herron. “Ons het dit gedoen omdat Metrorail-pendelaars ons inwoners is en hul inkomste afhanklik is van ʼn veilige, werkende en doeltreffende spoordiens.”

Hy doen opnuut ʼn beroep op Blade Nzimande, minster van vervoer, om dadelik in te gryp om die probleem op te los. “Ek wil by hom weet of hy die moontlikheid van die verklaring van ʼn noodteostand of ramp al aan die kabinet voorgelê het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Graham ·

140 waens in amper 3 jaar??! Dis verregaande! Nie net plaas dit onskuldige mense in gevaar wat daarvan afhanklik is, dit plaas ook verdere druk op ander vorme van publieke vervoer en jaag tariewe op!

Maar nee, afbrand/afbreek is mos nasionale tydverdryf hier in SA, bou nou ‘n land op…..

Hannes ·

Brand af. Ons wil graag loop. Niks anders as terrorime nie

Piet Lourens ·

Dit is die demokrasie en vryheid waarvoor hulle so baklei het. Vryheid om te brand wat jy wil.

Ben ·

Die enigste persone wat regstreeks hierby baat is die Suid Afrikaanse vervaardiger van die waens en moontlik die Taxi’s of Bus maatskappye. Gaan krap rond daar in Gauteng, by die waens vervaardiger vir ‘n begin.

AW ·

That’s the Price we “pay” whether Directly or Indirectly and also the Consequences of the South African version of the concept: Democracy!!

Viva Democracy Viva !!!!

Natan ·

Is daar geen geslote baan televisie/veiligheidskameras by hierdie groot stasies?

Beslis vind iemand daarby baat, dit kan verder ook ‘n politieke kleur hê, want te veel goed raak deesdae aan die brand. Die skool in Sutherland, die NZASM gebou te Waterval Boven, Bloemfontein se stadsaal, Belfast se stadsaal, trokke op die N3, ens. Laat mens dink aan Kitchener se verskroeide aarde beleid. Die doodse stilte vanuit regeringskringe eggo die kranse uit op sy manier.

AW ·

“If they know that the punishment they will receive outweighs any benefits from the crime, they will choose not to commit it. … In order for deterrence to be effective the punishment must be swift, severe, and certain. If you have ever modified your behavior to avoid negative consequences, you have experienced deterrence.”

When one consider the above statement with in the South African Context, then there is No effect and or realisation in respect of the concepts of Swift / Severe / Certain.

Within the South African context the Attorney for the accused in most cases will frustrate the process to wit –

“The defence strategy was predictable – delay and draw out, pounce on technicalities, suggest impropriety, allude to coercion, suggest mistaken identity. The usual playbook for a criminal trail. –
Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered (Anneliese Burgess).

Then consider the following inconvenient truths- most sentenced criminal do not serve their full sentences, and are release (for verious reasons) earlier, in order for most of them to continue to commit crime.

Dorothea ·

Kry die Spoorweg Polisie weer op been.
Hier is te veel mense wat rond sit en niks doen en onderduimse dinge uit dink.

AW ·

Daar is veronderstel om te wees…. Maar die realityd is dat daar nie genoeg eenhede / lede is vir al die Stasies nie.

Ougert ·

As jy nou van sleg wil praat, dan is dit onse SAPD. Vader weet. Hoeveel treinwaens is al brandgesteek. Hoeveel? En hoeveel sake is al opgelos? Hoeveel? Sleg, ja slegter as sleg! Vanaf die minister tot onderuit!!

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Brutus ·

Party keer wonder ek hoe die beskaaftes dit kan uithou met die onbeskaaftes en vir hoe lank.

AW ·

I know better than most people that a criminal isn’t always a thug in a black leather jacket with a big brand on his forehead to warn us away. Criminals sit next to us on the bus. They pack our groceries and cash our paychecks for us and teach our children. They look no different from you or me. And that’s why they get away with it. – Jodi Picoult

A criminal remains a criminal whether he uses a convict’s suit or a monarch’s crown.– Victor Hugo

If you do big things they print your face, and if you do little things they print only your thumbs.– Arthur Bugs Baer

Margi Johnson ·

Ever wondered why no-one says or does anything about it? It’s meant to make the DA run city look bad!! ANC behind it, probably paying the taxi association to create havoc! Net mooi allies is buite beheer in hierdie land. Dis n nagmerrie wat net erger en erger word.

Realis ·

@Brutus – Elke regdenkende mense wat daagliks probeer om sy sanity te behou in hierdie helhool, gaan reguit Hemel toe! Ons gaan deur hel elke dag, met alles wat omtrent daagliks in vlamme opgaan. Verwoes het die norm geword in hierdie helhool…….

Stan ·

Lyk my die nuwe wettige blare word wyd versprei by Maroela Media?. Die treinwaens en ligte vliegtuig berig se opskrifte maak geen sin nie. Stadig met daai goed gedurende werksure?

Peter Holmes ·

Die ou Polisiemag sou hulle jare gelede al gevang het a.g.v goeie speurwerk ,beriggewers en agente. Hulle sou aangekla wees van terrorisme en sabotasie. Hulle sou ook die doodstraf of lewenslange tronkstraf met dwangarbeid gekry het.

Narda ·

Dis mos nou so duidelik soos daglig: deur die waens af te brand bereik hul DRIE dinge: die wa-bouers kry nuwe besigheid deur nuwes te moet verskaf; die taxi-bedryf kry nuwe pendelaars; en laaste maar nie minste laat dit die stadsbestuur (DA) sleg lyk….als fyn beplan. Dit gebeur nie verniet so in die aanloop tot die komende verkiesing.

Vaalknapie ·

NArda jy vat dit netjies vas. Die DA heerskappy in die Wes Kaap is en was nog altyd ‘n doring in die ANC se vlees. Die Wes Kaap moet ten alle koste gedestabiliseer word en die Taxi base is maar al te gewillig om dit te doen.

Nita ·

Daar is net een duistere mag agter hierdie gebrand van treine en busse. Wie baat daarby as hierdie vervoerstelsels in duie stort? Die taxi- bedryf!

Ben ·

Weer bietjie verder gedink. Die Taxi en Bus maatskappy baat slegs daarby as die trein glad nie loop nie. Hierdie is waens spesifiek. Die waens vervaardiger is die enigste wat regstreeks daarby baat. Ek hou van die idee om die spoorweg polisie weer aan die gang te kry – werkskepping en veiligheid – Kan werk. Iemand moes iets gesien het – wat van beloning, Privaat Speurders en beter kamera stelsels.

[email protected] ·

Suid-Afrikaners as nasie is nie ekonomies wêreldkompeteerbaar nie en derhalwe sal die nasie al hoe meer verarm. Werkloosheid, armoede, sosiale onrus en kriminaliteit sal toeneem. Buitelanders sal verkies om nie in SA te belê of selfs te besoek. Dít is die harde realiteit. Duisende Suid-Afrikaners deel elke dag inligting oor gebeure in SA. Die vrotsige regerende ANC het gelukkig geen beheer oor hierdie inligtingdeling nie.

Casper Labuschagne ·

Daar is ‘n plek waar julle moet begin soek na hierdie goed georganiseerde mag met duister motiewe wat die treinwaens verbrand. Diegene wat die grootste voordeel daaruit trek dat treine nie meer loop nie, is die minibus bedryf. Die bendes is bloot die instrument, maar die brein is diegene wat die minibusse besit. Geen ondersoeke in brandende treine kom ooit enig iewers nie want polisiemanne, landdroste, staatsaanklaers, metro polisie lede, advokate, bende grootkoppe, politici in al die politieke partye asook sakebelange besit almal aandele in die minibus bedryf. Reguleer die besit van daardie bedryf en aanvalle op treine sal tot ‘n einde kom.

Ek het ‘n gesprek gehad met ‘n staatsaanklaer wat aandele in ‘n hele paar minibusse het en dit by die hof verswyg omdat dit haar sal kwytskel om sake waarin minibusse voorkom sonder oordeel te vervolg. Sy het gesê dat “hulle” haar genader het met ‘n voorstel dat sy geld insit en groot geld kan maak en dat sy inderdaad goeie winste terugkry op haar beleggings. Maar sy het ook gesê dat diegene wat haar genader het ook “groot vriende” is met almal by die hof, landdroste, aanklaers, polisie, advokate, verkeersbeamptes, prokureurs, absoluut almal.

Christo ·

Laat die Kapenaars in oop waens ry soos die Britte vrouens en kinders na die konsentrasiekampe vervoer het. Bring jou eie sambreel en kussing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.