Drie tydens gewapende roof in Bloemfontein geskiet

rowersDrie mans is Donderdagoggend tydens ʼn vermeende gewapende roof in Buitesig in Bloemfontein geskiet en gewond.

ER24 het in ʼn verklaring gesê paramedici het omstreeks 07:00 by die toneel opgedaag en drie mans in hul vroeë 30’s, met verskeie beserings aangetref. “Die mans is aangerand en geskiet,” lui die verklaring. “Die mans beweer hulle was op pad na hulle werk toe, toe ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes hulle genader en op hulle losgebrand het.”

Een van die mans is kritiek beseer toe hy in die bors en nek gewond is. Die ander twee het matige beserings opgedoen.

“Al drie mans is op die toneel gestabiliseer en na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.